Skrifture
2 Nefi 18


Hoofstuk 18

Christus sal wees soos ’n struikelblok en ’n rots van aanstoot—Soek die Here, nie piepende towenaars—Wend julle na die wet en na die getuienis vir leiding—Vergelyk Jesaja 8. Ongeveer 559–545 v.C.

1 Voorts, die woord van die Here het vir my gesê: Neem jy ’n groot rol, en skrywe daarop met ’n mens se pen, aangaande aMaher-sjalal-hasj-bas.

2 En ek het vir my betroubare agetuies geneem om neer te skryf: Uría, die priester, en Sagaría, die seun van Jeberégja.

3 En ek het ingegaan by die aprofetes, en sy het swanger geword en ’n seun gebaar. Toe sê die Here vir my: noem sy naam, Maher-sjalal-hasj-bas.

4 Want kyk, die akind sal bnie kennis hê om te roep, My vader, en my moeder, voordat die rykdom van Damaskus en die cbuit van Samaría weggeneem sal word voor die koning van Assur nie.

5 Die Here het ook weer met my gespreek, en gesê:

6 In soverre hierdie volk die waters versmaad van aSilóa wat saggies vloei, en verbly in bResin en Remália se seun;

7 Nou daarom, kyk, die Here bring aoor hulle die waters van die rivier, sterk en baie—en wel die koning van Assur en al sy heerlikheid; en hy sal bo al sy kanale styg en oor al sy walle gaan.

8 En ahy sal beweeg deur Juda; en hy sal oorloop en oorgaan; hy sal selfs die nek bereik; en die uitstrekking van sy vlerke sal die breedte van u land vul, o bImmánuel!

9 aVerenig julleself, o julle volke, en julle sal in stukke gebreek word; en neig die oor al julle van verre lande; omgord julle, en julle sal in stukke gebreek word; omgord julle en julle sal in stukke gebreek word.

10 Neem saam’n besluit, en niks sal daarvan kom nie; spreek die woord, en dit sal nie staan nie; want God is amet ons.

11 Want die Here het so met my gespreek met ’n sterk hand, en my vermaan dat ek nie moes wandel in die weg van hierdie volk nie, en gesê:

12 Sê julle nie, ’n aSameswering, aan al diegene aan wie hierdie volk sal sê, ’n Sameswering: nóg vrees julle hulle vrees, nóg wees bevrees.

13 Heilig die Here van die Leërskare, en alaat Hom julle vrees wees, en laat Hom julle verskrikking wees.

14 En Hy sal soos ’n aheiligdom wees; maar soos ’n bstruikelblok, en soos ’n rots van aanstoot, vir beide die huise van Israel, soos ’n vangnet en ’n strik vir die inwoners van Jerusalem.

15 En baie onder hulle sal astruikel en val, en gebroke wees, en verstrik en gevang word.

16 Bind die getuienis toe, verseël die awet onder my dissipels.

17 En ek sal wag op die Here, wat sy aangesig averberg van die huis van Jakob, en ek sal Hom verwag.

18 Kyk, ek en die kinders wat die Here my gegee het, is vir atekens en vir wonderwerke in Israel van die Here van die Leërskare, wat op Berg Sion woon.

19 En wanneer hulle vir julle sal sê: Raadpleeg hulle wat ageestebesweerders is, en die bwaarsêers wat piep en mompel—cmoet ’n volk nie hul God raadpleeg oor die lewendes om te hoor dvan die dooies nie?

20 Tot die wet en tot die getuienis; en as ahulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is dit omdat daar geen lig in hulle is nie.

21 En ahulle sal daardeur gaan, swaar verdruk en honger; en dit sal gebeur dat wanneer hulle honger is, sal hulle hulself kwel, en hulle koning en hulle God vervloek, en opwaarts kyk.

22 En hulle sal na die aarde kyk, en moeilikheid en duisternis sien, ’n dofheid van angs, en sal gedrywe word na die duisternis.