Studiehulp
Visioen


Visioen

’n Sigbare openbaring van ’n gebeurtenis, persoon of ding deur die mag van die Heilige Gees.

Voorbeelde van belangrike visioene sluit die volgende in: Eségiël se visioen van die laaste dae (Eség. 37–39), Stéfanus se visioen van Jesus wat aan die regterhand van God staan (Hand. 7:55–56), Johannes se openbaring aangaande die laaste dae (Openb. 4–21), Lehi en Nefi se visioen van die boom van die lewe (1 Ne. 8; 10–14). Alma die Jongere se visioen van ’n engel van die Here (Mosia 27), die broer van Jered se visioen van al die bewoners van die aarde (Ether 3:25), die visioen van die heerlikhede (L&V 76), visioene gegee aan Joseph Smith en Oliver Cowdery in die Kirtland Tempel (L&V 110), Joseph F. Smith se visioen van die verlossing van die dode (L&V 138). Moses se visioen van God en sy skeppinge (Moses 1), Henog se visioen van God (Moses 6–7), en Joseph Smith se Eerste Visioen (JS—G 1).