Studiehulp
Jesus Christus


Jesus Christus

Christus (’n Griekse woord) en Messias (’n Hebreeuse woord) beteken “die gesalfde.” Jesus Christus is die Eersgeborene van die Vader in die gees (Hebr. 1:6; L&V 93:21). Hy is die Eniggeborene van die Vader in die vlees (Joh. 1:14; 3:16). Hy is Jehova (L&V 110:3–4) en was voorafverordineer tot sy groot roeping voor die skepping van die wêreld. Onder die Vader se leiding het Jesus die aarde en alles daarop geskape (Joh. 1:3, 14; Moses 1:31–33). Hy is uit Maria te Betlehem gebore, het ’n sondelose lewe gelei en het ’n volmaakte versoening gedoen vir die sondes van die hele mensdom deur sy bloed te stort en sy lewe te gee op die kruis (Matt. 2:1; 1 Ne. 11:13–33; 3 Ne. 27:13–16; L&V 76:40–42). Hy het opgestaan uit die dode om aldus die uiteindelike opstanding van die hele mensdom te verseker. Deur Jesus se Versoening en Opstanding sal diegene wat bekeer van hulle sondes en God se gebooie onderhou, vir ewig kan leef met Jesus en die Vader (2 Ne. 9:10–12; 21–22; L&V 76:50–53, 62).

Jesus Christus is die grootste wese wat gebore is op hierdie aarde. Sy lewe is die volmaakte voorbeeld van hoe die hele mensdom behoort te lewe. Alle gebede, seëninge en priesterskapordinansies moet in sy Naam gedoen word. Hy is die Here van die here, Koning van die konings, die Skepper, die Saligmaker en die God van die hele aarde.

Jesus Christus sal weer kom met mag en heerlikheid om op die aarde te heers gedurende die Millennium. Op die laaste dag sal Hy die hele mensdom oordeel (Alma 11:40–41; JS—M 1).

Opsomming van sy lewe (in kronologiese volgorde)

Christus se heerskappy in die Millennium

Gesag

Getuienis gegee van Jesus Christus

Heerlikheid van Jesus Christus

Hoof van die Kerk

Nadoodse verskynings van Christus

Om die Naam van Jesus Christus op ons te neem

Profesieë aangaande die geboorte en dood van Jesus Christus

Regter

Vooraardse bestaan van Christus

Voorafskaduwings of simbole van Christus

Voorbeeld van Jesus Christus