Studiehulp
Lig, Lig van Christus


Lig, Lig van Christus

Goddelike energie, krag of invloed wat vanaf God uitgaan deur Christus en lewe en lig aan alle dinge gee. Dit is die wet waardeur alle dinge beheer word in die hemel en op aarde (L&V 88:6–13). Dit help ook vir mense om evangeliese beginsels te verstaan en help om hulle op die evangeliese weg te plaas wat lei na heil (Joh. 3:19–21; 12:46; Alma 26:15; 32:35; L&V 93:28–29, 31–32, 40, 42).

Die lig van Christus moet nie verwar word met die Heilige Gees nie. Die lig van Christus is nie ’n persoon nie. Dit is ’n invloed wat van God kom en ’n persoon voorberei om die Heilige Gees te ontvang. Dit is ’n invloed ten goede in die lewens van alle mense (Joh. 1:9; L&V 84:46–47).

Een bewys van die lig van Christus is gewete, wat ’n persoon help om te kies tussen reg en verkeerd (Moro. 7:16). Soos mense meer leer aangaande die evangelie, word hulle gewetes gevoeliger (Moro. 7:12–19). Mense wat ag slaan op die lig van Christus word gelei na die evangelie van Jesus Christus (L&V 84:46–48).