Skrifture
Leer en Verbonde 88


Afdeling 88

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 27 en 28 Desember 1832 en 3 Januarie 1833. Die Profeet het dit die “‘olyfblad’ [genoem] … gepluk van die Boom van die Paradys, die Here se boodskap van vrede aan ons.” Die openbaring is gegee nadat hoëpriesters tydens ’n konferensie “afsonderlik en hardop gebid het dat die Here sy wil aan ons moes bekendmaak aangaande die opbou van Sion.”

1–5, Getroue Heiliges ontvang daardie Trooster, wat die belofte is van die ewige lewe; 6–13, Alle dinge word beheer en gereguleer deur die Lig van Christus; 14–16, Die Opstanding kom deur die Verlossing; 17–31, Gehoorsaamheid aan die selestiale, terrestriale, of telestiale wet berei mense voor vir daardie onderskeie koninkryke en heerlikhede; 32–35, Diegene wat in sonde wil bly, bly steeds vieslik; 36–41, Alle koninkryke word beheer deur wette; 42–45, God het aan alle dinge ’n wet gegee; 46–50, Die mens sal selfs God begryp; 51–61, Die gelykenis van die man wat sy diensknegte na die veld uitstuur en hulle die een na die ander besoek; 62–73, Kom nader aan die Here en julle sal sy aangesig sien; 74–80, Heilig julleself en onderrig die leerstellings van die koninkryk aan mekaar; 81–85, Elkeen wat gewaarsku is moet sy naaste waarsku; 86–94, Tekens en beroerings van die elemente, en engele berei die weg voor vir die koms van die Here; 95–102, Engele se trompetgeskal roep die dode op in hulle volgorde; 103–116, Engele se trompetgeskal verkondig die herstelling van die evangelie, die val van Babilon, en die stryd van die groot God; 117–126, Soek geleerdheid, vestig ’n huis van God (’n tempel), en klee julleself met die band van naasteliefde; 127–141, Die orde van die Skool van die Profete word uiteengesit, insluitende die ordinansie van wassing van voete.

1 Voorwaar, so sê die Here vir julle wat julleself byeen versamel het om sy wil aangaande julle te ontvang:

2 Kyk, dit gee julle Here ’n welbehae, en die engele averbly hulle oor julle; die baalmoese van julle gebede het opgestyg tot in die ore van die Here van cSebaot, en is opgeteken in die dboek van die name van die geheiligdes, naamlik hulle van die selestiale wêreld.

3 Daarom, Ek stuur nou op julle ’n ander aTrooster, en wel op julle my vriende, sodat dit in julle harte mag bly, naamlik die bHeilige Gees van die belofte; welke ander Trooster dieselfde een is wat Ek beloof het aan my dissipels, soos opgeteken is in die getuienis van Johannes.

4 Hierdie Trooster is die belofte wat Ek aan julle gee van die aewige lewe, naamlik die bheerlikheid van die selestiale koninkryk;

5 Welke heerlikheid dit is van die kerk van die aEersgeborene, naamlik van God, die heiligste van almal, deur Jesus Christus sy Seun—

6 aHy wat opgevaar het in die hoogte, net soos hy benede alle dinge bgedaal het, deurdat Hy alle dinge cbegryp het, sodat hy in alles en deur alles mag wees, die dlig van die waarheid;

7 Welke waarheid skyn. Dit is die alig van Christus. Net soos Hy in die son is, en die lig van die son, en die mag daarvan waardeur dit bgemaak is.

8 Net soos hy in die maan is, en die lig van die maan is, en die mag daarvan waardeur dit gemaak is;

9 Net soos die lig van die sterre, en die mag daarvan waardeur dit gemaak is;

10 En die aarde ook, en die mag daarvan, naamlik die aarde waarop julle astaan.

11 En die lig wat skyn, wat vir julle lig gee, is deur Hom wat julle oë verlig, wat dieselfde lig is wat julle abegrip verkwik;

12 Welke alig uitgaan van die teenwoordigheid van God om die onmeetlikheid van die ruimte te bvul

13 Die lig wat in aalle dinge is, wat blewe gee aan alle dinge, wat die cwet is waardeur alle dinge beheer word, naamlik die mag van God wat sit op sy troon, wat in die boesem van die ewigheid is, wat in die midde van alle dinge is.

14 Nou, voorwaar, Ek sê vir julle, dat deur die averlossing wat vir julle gemaak is, word die opstand uit die dood teweeggebring.

15 En die agees en die bliggaam is die csiel van die mens.

16 En die aopstanding uit die dood is die verlossing van die siel.

17 En die verlossing van die siel is deur Hom wat alle dinge verkwik, in wie se boesem dit beveel is dat die aarmes en die bsagmoediges van die caarde dit sal beërwe.

18 Daarom moet dit noodwendig geheilig word van alle ongeregtigheid, sodat dit voorberei mag word vir die aselestiale heerlikheid;

19 Want nadat dit die doel van sy skepping vervul het, sal dit gekroon word met aheerlikheid, en wel met die teenwoordigheid van God die Vader.

20 Sodat liggame wat van die selestiale koninkryk is, dit mag abesit vir ewig en ewig; want, om hierdie brede is dit gemaak en geskape, en om hierdie rede word hulle cgeheilig.

21 En diegene wat nie geheilig word deur die wet wat Ek gegee het aan julle nie, naamlik die wet van Christus, moet ’n ander koninkryk beërwe, naamlik dit van ’n terrestriale koninkryk, of dit van ’n telestiale koninkryk.

22 Want hy wat nie in staat is om die awet van ’n selestiale koninkryk te verduur nie, kan nie ’n selestiale heerlikheid verduur nie.

23 En hy wat nie die wet van ’n terrestriale koninkryk kan verduur nie, kan nie ’n aterrestriale heerlikheid verduur nie.

24 En hy wat nie die wet van ’n atelestiale koninkryk kan verduur nie, kan nie ’n telestiale heerlikheid verduur nie; daarom is hy nie geskik vir ’n koninkryk van heerlikheid nie. Daarom moet hy ’n koninkryk verduur wat nie ’n koninkryk van heerlikheid is nie.

25 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, die aaarde verduur die wet van ’n selestiale koninkryk, want dit vervul die doel van sy skepping, en oortree nie die wet nie—

26 Daarom, dit sal ageheilig word; ja alhoewel dit sal bsterwe, sal dit weer verkwik word, en sal die mag verduur waardeur dit verkwik is, en die cregverdiges sal dit dbeërwe.

27 Want alhoewel hulle sterwe, sal hulle ook weer aopstaan, ’n bgeestelike liggaam.

28 Hulle wat van ’n selestiale gees is, sal dieselfde liggaam ontvang wat ’n natuurlike liggaam was; en wel julle sal jul liggame ontvang, en julle aheerlikheid sal daardie heerlikheid wees waardeur julle liggame bverkwik is.

29 Julle wat verkwik is deur ’n gedeelte van die aselestiale heerlikheid sal dan dieselfde ontvang, en wel ’n volheid.

30 En hulle wat verkwik word deur ’n gedeelte van die aterrestriale heerlikheid sal dan van dieselfde ontvang, en wel ’n volheid.

31 En ook hulle wat verkwik word deur ’n deel van die atelestiale heerlikheid sal dan van dieselfde ontvang, en wel ’n volheid.

32 En hulle wat oorbly sal ook averkwik word; nietemin, hulle sal weer terugkeer na hulle eie plek, om dit te geniet wat hulle bbereid is om te ontvang, omdat hulle nie gewillig was om dit te geniet wat hulle kon ontvang het nie.

33 Want wat baat dit ’n mens indien ’n gawe aan hom geskenk word, en hy aanvaar nie die gawe nie? Kyk, hy verbly hom nie in dit wat aan hom gegee is nie, nóg verbly hy hom in hóm wat die gewer van die gawe is.

34 En verder, voorwaar, Ek sê vir julle, dit wat beheer word deur die wet, word ook bewaar deur die wet en avervolmaak en geheilig daardeur.

35 Dit wat die wet averbreek, en nie die wet gehoorsaam nie, maar soek om ’n wet tot homself te word, en verkies om in sonde te bly, en algeheel in sonde bly, kan nie deur die wet geheilig word nie, nóg deur bbarmhartigheid, cgeregtigheid, nóg oordeel. Daarom moet hulle steeds dvuil bly.

36 Alle koninkryke is ’n wet gegee.

37 En daar is vele akoninkryke; want daar is geen ruimte waarin daar nie ’n koninkryk is nie; en daar is geen koninkryk waarin daar geen ruimte is nie, of ’n grotere of ’n mindere koninkryk.

38 En aan elke koninkryk is ’n awet gegee; en aan elke wet is daar ook sekere grense en voorwaardes.

39 Alle skepsels wat nie daardie avoorwaardes gehoorsaam nie, is nie bgeregverdig nie.

40 Want aintelligensie kleef aan intelligensie; bwysheid ontvang wysheid; cwaarheid omhels waarheid; ddeug is lief vir deug; elig kleef aan lig; barmhartigheid het fontferming oor barmhartigheid en eis haar eie; geregtigheid volhard in sy koers en eis sy eie; oordeel gaan voor die aangesig van Hom wat op die troon sit en alle dinge beheer en uitvoer.

41 Hy abegryp alle dinge, en alle dinge is voor Hom, en alle dinge is rondom Hom; en Hy is bo alle dinge, en in alle dinge, en is deur alle dinge, en is rondom alle dinge; en alle dinge is deur Hom, en van Hom, en wel God, vir ewig en ewig.

42 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, Hy het ’n wet aan alle dinge gegee, waardeur hulle beweeg in hulle atye en seisoene;

43 En hulle bane is vasgestel, naamlik die bane van die hemele en die aarde, wat die aarde en al die planete insluit.

44 En hulle gee alig aan mekaar in hulle tye en seisoene, in hulle minute, in hulle ure, in hulle dae, in hulle weke, in hulle maande, in hulle jare—al hierdie is been jaar vir God, maar nie vir die mens nie.

45 Die aarde rol op haar vlerke, en die ason gee sy lig bedags, en die maan gee haar lig snags, en die sterre gee ook hulle lig, soos hulle op hulle vlerke rol in hulle heerlikheid, te midde van die bmag van God.

46 Waarmee sal Ek hierdie koninkryke vergelyk sodat julle mag verstaan?

47 Kyk, al hierdie is koninkryke, en enigeen wat enige of die geringste van hierdie gesien het, het God agesien, bewegende in sy majesteit en mag.

48 Ek sê vir julle, hy het Hom gesien, nietemin, Hy wat na sy aeie gekom het is nie aanvaar nie.

49 Die alig skyn in die duisternis, maar die duisternis begryp dit nie; nietemin, die dag sal kom wanneer julle selfs vir God sal bbegryp, omdat julle verkwik is in Hom en deur Hom.

50 Dan sal julle weet dat julle My gesien het, dat Ek is, en dat Ek die ware lig in julle is, en dat julle in My is; andersins kon julle nie toeneem nie.

51 Kyk, Ek sal hierdie koninkryke vergelyk met ’n man wat ’n land het, en hy het sy diensknegte uitgestuur na die land om die land om te spit.

52 En hy het aan die eerste gesê: Gaan jy en werk in die land, en in die eerste uur sal ek na jou kom, en jy sal die vreugde van my gelaat aanskou.

53 En hy het aan die tweede gesê: Gaan jy ook na die land, en in die tweede uur sal ek jou besoek met die vreugde van my gelaat.

54 En ook aan die derde, en sê: Ek sal jou besoek;

55 En aan die vierde, en so voorts tot die twaalfde.

56 En die heer van die land het na die eerste gegaan in die eerste uur, en by hom gebly die hele uur, en hy is verbly deur die lig van die gelaat van sy heer.

57 En toe het hy onttrek van die eerste sodat hy ook die tweede mag besoek, en die derde, en die vierde, en so voorts tot die twaalfde.

58 En so het hulle almal die lig van die gelaat van hulle heer ontvang, elkeen in sy uur, en in sy tyd, en in sy seisoen—

59 Beginnende by die eerste, en so voorts tot die alaaste, en van die laaste tot die eerste, en van die eerste tot die laaste;

60 Elkeen op sy beurt, tot sy uur verby was, net soos sy heer hom gebied het, sodat sy heer in hom verheerlik mag word, en hy in sy heer, sodat hulle almal verheerlik mag word.

61 Daarom, met hierdie gelykenis vergelyk Ek al hierdie koninkryke, en die ainwoners daarvan—elke koninkryk in sy uur, en in sy tyd, en in sy seisoen, en wel volgens die bevel wat God gegee het.

62 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, my avriende, Ek laat hierdie woorde met julle om in julle harte te bbepeins, met hierdie gebod wat Ek aan julle gee, dat julle My sal caanroep terwyl Ek naby is—

63 aKom nader na My en Ek sal nader aan julle kom; bsoek My ywerig en julle sal My cvind; vra en julle sal ontvang; klop, en dit sal vir julle oopgemaak word.

64 Wat ook al julle die Vader in my Naam avra, dit sal aan julle gegee word, wat braadsaam is vir julle;

65 En indien julle enigiets vra wat nie araadsaam is vir julle nie, sal dit omkeer tot julle bveroordeling.

66 Kyk, dit wat julle hoor is soos die astem van een roepende in die wildernis—in die wildernis omdat julle hom nie kan sien nie—my stem, want my stem is bGees; my Gees is die cwaarheid; waarheid duur voort en het geen einde nie; en indien dit in julle is, sal dit toeneem.

67 En indien julle oog aenkel gerig is op my bheerlikheid, sal julle hele liggame met lig gevul wees, en daar sal geen duisternis in julle wees nie; en daardie liggaam wat gevul is met lig, cbegryp alle dinge.

68 Daarom, aheilig julleself sodat julle bverstand enkel gerig word op God, en die dae sal kom dat julle Hom sal csien; want Hy sal sy aangesig ontsluier vir julle, en dit sal in sy eie tyd wees, en op sy eie wyse en volgens sy eie wil.

69 Onthou die groot en laaste belofte wat Ek aan julle gemaak het; werp julle aydele gedagtes en julle oorvloedige bgelag ver van julle.

70 Vertoef julle, vertoef julle op hierdie plek, en belê ’n plegtige samekoms, naamlik vir diegene wat die eerste arbeiders is in hierdie laaste koninkryk.

71 En laat diegene vir wie hulle agewaarsku het tydens hulle reise, die Here aanroep en die waarskuwing wat hulle ontvang het bepeins in hulle harte, vir ’n kort tydjie.

72 Kyk, en sien, Ek sal julle kuddes versorg, en sal ouderlinge opwek en na hulle stuur.

73 Kyk, Ek sal my werk verhaas op sy tyd.

74 En Ek gee aan julle, wat die eerste aarbeiders in hierdie laaste koninkryk is, ’n gebod dat julle julleself byeen versamel, en julleself organiseer, en julleself voorberei, en julleself bheilig; ja, suiwer julle harte, en creinig julle hande en voete voor My, sodat Ek julle drein mag maak;

75 Sodat Ek mag getuig aan julle aVader, en julle God, en my God, dat julle gereinig is van die bloed van hierdie goddelose geslag; dat Ek hierdie belofte mag vervul, hierdie groot en laaste belofte, wat Ek aan julle gemaak het, wanneer Ek wil.

76 Ook gee Ek aan julle ’n gebod dat julle sal voortgaan met agebed en bvas vanaf hierdie tyd aan.

77 En Ek gee aan julle ’n gebod dat julle mekaar in die aleerstellings van die koninkryk sal bonderrig.

78 Onderrig julle ywerig en my agenade sal met julle wees, sodat julle meer ten volle bonderrig mag word in teorie, in beginsel, in leer, in die wet van die evangelie, in alle dinge wat betrekking het op die koninkryk van God, wat raadsaam is vir julle om te begryp;

79 Van dinge beide in die ahemel en op die aarde, en onder die aarde; dinge wat was, dinge wat is, dinge wat binnekort moet gebeur, dinge wat tuis is, dinge wat in die buiteland is; die boorloë en die verwarrings van die nasies, en die oordele wat op die land is; en ook ’n kennis van lande en koninkryke—

80 Sodat julle voorbereid mag wees in alle dinge wanneer Ek julle weer sal stuur om die roeping waartoe Ek julle geroep het te verheerlik, en die sending wat Ek aan julle opgedra het.

81 Kyk, Ek stuur julle uit om te agetuig en die mense te waarsku, en dit is noodsaaklik dat elkeen wat gewaarsku is, sy naaste moet bwaarsku.

82 Daarom, hulle is gelaat sonder verskoning, en hulle sondes is op hulle eie hoofde.

83 Hy wat My avroeg bsoek sal My vind, en hy sal nie versaak word nie.

84 Daarom, vertoef julle, en arbei ywerig, sodat julle vervolmaak mag word in julle bediening om uit te gaan onder die anie-Jode vir die laaste keer, soveel as wat die mond van die Here sal noem, om die wet toe te bbind en die getuienis te verseël, en om die heiliges voor te berei op die uur van oordeel wat sal kom;

85 Sodat hulle siele die toorn van God mag ontvlug, die averlatenheid van gruwel wat wag vir die bose, beide in hierdie wêreld en in die komende wêreld. Voorwaar, Ek sê vir julle, laat diegene wat nie die eerste ouderlinge is nie, voortgaan in die wingerd tot die mond van die Here hulle sal broep, want hulle tyd het nog nie gekom nie; hulle kleding is nog nie cgereinig van die bloed van hierdie geslag nie.

86 Volhard in die avryheid waarmee julle bvrygemaak is; cverstrengel julleself nie in die dsonde nie, maar laat julle hande eskoon wees, totdat die Here kom.

87 Want nie baie dae van hierdie tyd af nie en die aaarde sal bbewe en heen en weer waggel soos ’n dronk mens; die cson sal sy gesig verberg en sal weier om lig te gee; en die maan sal gebaai wees in dbloed; en die esterre sal uitermate kwaad word, en sal hulleself neerwerp soos ’n vy wat van ’n vyeboom afval.

88 En na julle getuienis kom toorn en verontwaardiging oor die volk.

89 Want na julle getuienis kom die getuienis van aaardbewings wat kreunings sal veroorsaak in haar midde, en mense sal op die grond neerval en sal nie kan staan nie.

90 En ook kom die getuienis van die astem van donderslae, en die stem van weerligte, en die stem van storms, en die stem van die golwe van die see wat hulleself ophef buite hulle grense.

91 En alles sal in aberoering wees; en sekerlik sal mense se harte hulle faal; want vrees sal oor alle mense kom.

92 En aengele sal deur die middel van die hemel vlieg, roepende met ’n luide stem, en die trompet van God blaas, en sê: Berei julle voor, berei julle voor, o inwoners van die aarde; want die oordeel van ons God het gekom. Kyk, en sien, die bBruidegom kom; gaan julle uit om hom te ontmoet.

93 En onmiddellik sal daar ’n agroot teken verskyn in die hemel, en alle mense sal dit terselfdertyd sien.

94 En ’n ander engel sal sy trompet blaas, en sê: Daardie agroot bkerk, die cmoeder van gruwels, wat alle nasies maak drink het van die wyn van die toorn van haar dontug, wat die heiliges van God vervolg, wat hulle bloed vergiet het—sy wat sit op baie waters, en op die eilande van die see—kyk, sy is die eonkruid van die aarde; sy is gebind in bondels; haar bande is sterk gemaak, geen mens kan hulle losmaak nie; daarom, sy is gereed om fverbrand te word. En hy sal sy trompet beide lank en luid blaas, en alle nasies sal dit hoor.

95 En daar sal astilte in die hemel wees vir ’n tydperk van ’n halfuur; en onmiddellik daarna sal die sluier van die hemel ontvou word, soos ’n bboekrol ontvou word nadat dit opgerol is, en die caangesig van die Here sal ontsluier word;

96 En die heiliges wat op die aarde is, wat lewendig is, sal verkwik word en aopgeneem word om Hom te ontmoet.

97 En hulle wat in hulle grafte geslaap het sal avoortkom, want hulle grafte sal geopen word; en hulle sal ook opgeneem word om hom te ontmoet in die middel van die pilaar van die hemel—

98 Hulle is Christus s’n, die aeerste vrugte, hulle sal eerste saam met Hom neerdaal, en hulle wat op die aarde is en in hulle grafte, wat eerste opgeneem word om hom te ontmoet; en dit alles deur die stem van die blaas van die trompet van die engel van God.

99 En hierna sal ’n ander engel blaas, wat die tweede trompet is; en dan kom die verlossing van diegene wat Christus s’n is by sy koms; wat hulle deel ontvang het in daardie agevangenis wat voorberei is vir hulle, sodat hulle die evangelie mag ontvang, en bgeoordeel word volgens mense in die vlees.

100 En verder, nog ’n trompet sal blaas, wat die derde trompet is; en dan kom die ageeste van mense wat geoordeel moet word, en word onder bveroordeling bevind;

101 En hulle is die res van die adode; en hulle lewe nie weer tot die bduisend jaar geëindig het nie, en nie weer nie, tot die einde van die aarde.

102 En ’n ander trompet sal blaas, wat die vierde trompet is, en sê: Daar is onder diegene wat sal bly tot daardie groot en laaste dag, naamlik die einde, wat steeds avuil sal bly.

103 En nog ’n trompet sal blaas, wat die vyfde trompet is, wat die vyfde engel is wat die aewigdurende evangelie toevertrou—wat vlieg deur die midde van die hemel, aan alle nasies, stamme, tale en volke;

104 En dit sal die klank van sy trompet wees, wat spreek tot alle mense, beide in die hemel en op die aarde, en wat onder die aarde is—want aelke oor sal dit hoor, en elke knie sal bbuig, en elke tong sal bely, terwyl hulle die klank van die trompet hoor wat sê: cVrees God, en verheerlik Hom wat sit op die troon, vir ewig en ewig; want die uur van sy oordeel het gekom.

105 En verder, ’n ander engel sal sy trompet blaas, wat die sesde engel is, wat sê: Sy het ageval wat al die nasies gemaak drink het van die wyn van die toorn van haar ontug; sy het geval, het geval!

106 En verder, ’n ander engel sal sy trompet blaas, wat die sewende engel is, wat sê: Dit is voltooi; dit is voltooi! Die aLam van God het boorwin en die wynpers alleen cgetrap, naamlik die wynpers van die felheid van die toorn van die Almagtige God.

107 En dan sal die engele gekroon word met die heerlikheid van sy mag, en die aheiliges gevul word met sy bheerlikheid, en hulle cerfenis ontvang en dgelykgemaak word met Hom.

108 En dan sal die eerste engel weer sy trompet blaas in die ore van alle lewendes, en die geheime dade van mense aopenbaar, en die magtige werke van God in die beerste duisend jaar.

109 En dan sal die tweede engel sy trompet blaas, en die geheime dade van mense openbaar, en die gedagtes en bedoelings van hulle harte, en die magtige werke van God in die tweede duisend jaar—

110 En so voorts, tot die sewende engel sy trompet sal blaas; en hy sal eenkant staan op die land en op die see, en sweer in die Naam van Hom wat op die troon sit, dat daar nie meer atyd sal wees nie; en bSatan sal gebind wees, daardie ou slang, wat die duiwel genoem word, en sal nie losgelaat word vir ’n tydperk van ’n cduisend jaar nie.

111 En dan sal hy vir ’n kort tydjie alosgelaat word, sodat hy sy leërs byeen mag versamel.

112 En aMígael, die sewende engel, naamlik die aartsengel, sal sy leërs byeen versamel, naamlik die leërskare van die hemel.

113 En die duiwel sal sy leërs byeen versamel; naamlik die leërskare van die hel, en sal optrek om oorlog te maak teen Mígael en sy leërs.

114 En dan kom die astryd van die groot God; en die duiwel en sy leërs sal weggewerp word na hulle eie plek, sodat hulle hoegenaamd nie meer mag oor die heiliges sal hê nie.

115 Want Mígael sal hulle oorloë veg, en sal hom oorwin wat die troon asoek van Hom wat op die troon sit, naamlik die Lam.

116 Dit is die heerlikheid van God, en die ageheiligdes; en hulle sal nie meer die bdood sien nie.

117 Daarom, voorwaar Ek sê vir julle my avriende, belê julle plegtige samekoms, soos Ek julle gebied het.

118 En aangesien nie almal geloof het nie, soek julle ywerig en aonderrig mekaar die woorde van bwysheid; ja, soek julle uit die beste cboeke woorde van wysheid; soek geleerdheid, en wel deur studie en ook deur geloof.

119 Organiseer julleself; berei elke noodsaaklike ding; en vestig ’n ahuis, naamlik ’n huis van gebed, ’n huis van vas, ’n huis van geloof, ’n huis van geleerdheid, ’n huis van heerlikheid, ’n huis van orde, ’n huis van God;

120 Sodat julle ingange in die Naam van die Here mag wees; dat julle uitgange in die Naam van die Here mag wees; sodat al julle begroetinge in die Naam van die Here mag wees, met opgehefde hande na die Allerhoogste.

121 Daarom, ahou op met al julle ligsinnige praatjies, met alle bgelag, met alle cwellustige begeertes, met al julle dhoogmoed en ligsinnigheid, en met al julle goddelose dade.

122 Stel ’n onderwyser onder julle aan, en laat nie almal segsmanne terselfdertyd wees nie; maar laat een spreek op ’n keer en laat almal luister na sy woorde, sodat wanneer almal gespreek het, dat almal deur almal opgebou kan word, en sodat elkeen ’n gelyke voorreg mag hê.

123 Sien toe dat julle mekaar aliefhet; hou op om bbegerig te wees; leer om met mekaar te deel soos die evangelie vereis.

124 Hou op om aledig te wees; hou op om onrein te wees; hou op om bfout te vind met mekaar; hou op om langer te slaap as wat nodig is; gaan vroeg na jou bed toe, sodat julle nie moeg mag wees nie; staan vroeg op, sodat julle liggame en verstand verfris mag wees.

125 En bo alles, klee julleself met die band van anaasteliefde, soos met ’n mantel, wat die band van volmaaktheid en bvrede is.

126 aBid altyd, sodat julle nie moedeloos mag word nie, totdat Ek bkom. Kyk, en sien, Ek sal spoedig kom, en julle tot Myself ontvang. Amen.

127 En verder, die orde wat berei is vir die huis vir die presidensie van die askool van die profete, gevestig vir hulle onderrig in alle dinge wat raadsaam is vir hulle, naamlik vir al die bamptenare van die kerk, of met ander woorde, diegene wat geroep word tot die bediening in die kerk, beginnende by die hoëpriesters, en tot by die diakens—

128 En dit sal die orde wees vir die huis van die presidensie van die skool: Hy wat aangestel is as president, of onderwyser, sal staande in sy plek gevind word, in die huis wat vir hom voorberei sal word.

129 Daarom, hy sal eerste wees in die huis van God, in ’n plek waar die gemeente in die huis sy woorde sorgvuldig en duidelik mag hoor, nie met luide spraak nie.

130 En wanneer hy die huis van God binnekom, want hy moet eerste in die huis wees—kyk, dit is mooi, sodat hy ’n voorbeeld mag wees—

131 Laat hy homself as ’n aoffer toewy in gebed op sy knieë voor God, as teken of herinnering van die ewigdurende verbond.

132 En wanneer enigeen na hom sal inkom, laat die onderwyser opstaan, en, met hande omhoog gelig na die hemel, ja, uitgestrek, sy broer of broers groet met hierdie woorde:

133 Is jy ’n broer of is julle broers? Ek groet julle in die Naam van die Here Jesus Christus, as ’n teken of herinnering van die ewigdurende verbond, in welke verbond Ek julle ontvang in adeelgenootskap, met ’n vasberadenheid wat ferm is, onbeweeglik, en onveranderlik, om julle vriend en bbroer te wees deur die genade van God in die bande van liefde, om skuldeloos te wandel in al die gebooie van God, met danksegging, vir ewig en ewig. Amen.

134 En hy wat onwaardig bevind word van hierdie begroeting sal nie plek hê onder julle nie; want julle sal nie toelaat dat my huis deur hom abesoedel sal word nie.

135 En hy wat binnekom en getrou is voor My, en ’n broer is, of as hulle broers is, sal hulle die president of die onderwyser groet met hande omhoog gelig na die hemel, met hierdie selfde gebed en verbond, of deur te sê Amen, as teken daarvan.

136 Kyk, voorwaar, Ek sê vir julle, dit is ’n voorbeeld vir julle van ’n begroeting aan mekaar in die huis van God, in die skool van die profete.

137 En julle word geroep om dit te doen deur gebed en danksegging, soos die Gees gee om te spreek in al julle dade in die huis van die Here, in die skool van die profete, sodat dit ’n heiligdom mag word, ’n tabernakel van die Heilige Gees om julle aop te bou.

138 En julle sal geeneen onder julle ontvang in hierdie skool tensy hy skoon is van die abloed van hierdie geslag nie;

139 En hy sal ontvang word deur die ordinansie van die awassing van voete, want vir hierdie doel is die ordinansie van die wassing van voete ingestel.

140 En verder, die ordinansie van die wassing van voete moet bedien word deur die president of presiderende ouderling van die kerk.

141 Dit moet begin word met ’n gebed; en nadat van die brood en wyn agebruik is, moet hy homself omgord volgens die bvoorbeeld gegee in die dertiende hoofstuk van Johannes se getuienis aangaande My. Amen.