Studiehulp
Koninkryk van God of Koninkryk van die Hemel


Koninkryk van God of Koninkryk van die Hemel

Die koninkryk van God op die aarde is Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (L&V 65). Die doel van die Kerk is om sy lede voor te berei om vir ewig te lewe in die selestiale koninkryk of die koninkryk van die hemel. Die skrifture noem somtyds die Kerk die koninkryk van die hemel, wat beteken dat die Kerk die koninkryk van die hemel op aarde is.

Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae is die koninkryk van God op die aarde, maar dit is op die oomblik beperk tot ’n godsdienstige koninkryk. Gedurende die Millennium sal die koninkryk van God beide polities en godsdienstig wees.