Studiehulp
Simbolisme


Simbolisme

Om iets te gebruik om iets anders voor te stel. Simbolisme in die skrifture gebruik ’n bekende voorwerp, gebeurtenis of omstandigheid om ’n beginsel of leerstelling van die evangelie te verteenwoordig. Byvoorbeeld, Die Boek van Mormon profeet Alma het ’n saad gebruik om die woord van God te verteenwoordig (Alma 32).

Profete het deurgaans in die skrifture simbolisme gebruik om van Jesus Christus te leer. Sommige van hierdie simbole sluit seremonies en ordinansies (Moses 6:63) asook offerandes in (Hebr. 9:11–15; Moses 5:7–8), die nagmaal (JSV, Mark. 14:20–24 [Bylae]; Lk. 22:13–20), en die doop (Rom. 6:1–6; L&V 128:12–13). Baie Bybelse name is simbolies. Die Ou Testamentiese tabernakelseremonie en die wet van Moses het ewige waarhede voorgestel (Hebr. 8–10; Mosia 13:29–32; Alma 25:15; Hel. 8:14–15). Vir ander voorbeelde, sien Matthéüs 5:13–16; Joh. 3:14–15; Jakob 4:5; Alma 37:38–45.