Geheime Organisasies Sien ook Gadianton-rowers; Kain ’n Organisasie van mense wat deur ede saamgebind is om die bose doelstellings van die groep uit te voer. Die vader van leuens stook die kinders van mense op tot geheime organisasies, 2 Ne. 9:9. Ek moet noodwendig die geheime werke van die duisternis vernietig, 2 Ne. 10:15. Oordele van God het gekom oor hierdie werkers van geheime organisasies, Alma 37:30. Gadianton het bykans die algehele vernietiging van die volk van Nefi veroorsaak, Hel. 2:4–13. Satan het dit in die harte van die mense gelê om geheime ede en verbonde te sluit, Hel. 6:21–31. Die Here werk nie deur geheime organisasies nie, Ether 8:19. Nasies wat geheime organisasies ondersteun, sal vernietig word, Ether 8:22–23. Hulle het al die woorde van die profete verwerp vanweë hulle geheime vereniging, Ether 11:22. Vanaf die dae van Kain was daar ’n geheime organisasie, Moses 5:51.