Een wat red. Jesus Christus, deur sy Versoening, het redding en heil aan die ganse mensdom gebied. “Saligmaker” is ’n naam en titel van Jesus Christus.
Noem hom Jesus want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos, Matt. 1:21 .
Vir julle vandag is die Saligmaker gebore wat Christus, die Here, is, Lk. 2:11 .
So lief het God die wêreld gehad dat die Eniggebore seun gekom het om die mense te red, Joh. 3:16–17 .
Daar is geen ander naam, behalwe Christus, waardeur ons gered moet word nie, Hand. 4:10–12 (2 Ne. 25:20 ; Mosia 3:17 ; 5:8 ; L&V 18:23 ; Moses 6:52 ).
Ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag, die Here Jesus Christus, Filip. 3:20 .
Die Vader het die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur, 1 Joh. 4:14 .
Die Here het ’n Messias opgewek, ’n Saligmaker van die wêreld, 1 Ne. 10:4 .
Die Lam van God is die Saligmaker van die wêreld, 1 Ne. 13:40 .
Die kennis van ’n Saligmaker sal versprei dwarsdeur elke nasie, stam, taal en volk, Mosia 3:20 .
Christus moes sterf sodat heil kon kom, Hel. 14:15–16 .
Regverdigmaking en heiligmaking deur die Verlosser is juis en waar, L&V 20:30–31 .
Ek is Jesus Christus, die Saligmaker van die wêreld, L&V 43:34 .
My Eniggeborene is die Saligmaker, Moses 1:6 .
Soveel as wat in die Seun glo en bekeer van hulle sondes, sal gered word, Moses 5:15 .