Studiehulp
Openbaring


Openbaring

Kommunikasie van God met sy kinders op aarde. Openbaring mag kom deur die Lig van Christus en die Heilige Gees deur middel van inspirasie, visioene, drome of besoeke van engele. Openbaring verskaf leiding wat die gelowiges kan lei na ewige heil in die selestiale koninkryk.

Die Here openbaar sy werk aan sy profete en bevestig aan gelowiges dat die openbarings aan die profete waar is (Amos 3:7). Deur openbaring voorsien die Here individuele leiding vir elke persoon wat dit soek en wat geloof het, bekeer en gehoorsaam is aan die evangelie van Jesus Christus. “Die Heilige Gees is ’n openbaarder,” het Joseph Smith gesê en “geeneen kan die Heilige Gees ontvang sonder om openbarings te ontvang nie.”

In die Here se Kerk is die Eerste Presidensie en die Kworum van die Twaalf Apostels profete, sieners en openbaarders vir die Kerk en vir die wêreld. Die President van die Kerk is die enigste een aan wie die Here gesag gegee het om openbaring te ontvang vir die Kerk (L&V 28:2–7). Elke mens mag persoonlike openbaring ontvang vir sy eie welsyn.