Studiehulp
Gebed


Gebed

’n Eerbiedige kommunikasie met God waartydens ’n persoon dank betuig en om seëninge vra. Gebede word aan ons Hemelse Vader gerig in die naam van Jesus Christus. Gebede kan óf hardop uitgespreek word óf stil wees. ’n Persoon se gedagtes mag ook ’n gebed wees as hulle tot God gerig is. ’n Lied van die regverdige mag ’n gebed wees tot God (L&V 25:12).

Die doel van gebed is nie om God se wil te verander nie, maar om vir onsself en vir andere seëninge te verkry wat God reeds gewillig is om te gee, maar waarvoor ons moet vra ten einde dit te verkry.

Ons bid tot die Vader in Christus se naam (Joh. 14:13–14; 16:23–24). Ons is waarlik in staat om in Christus se naam te bid wanneer ons wense die wense van Christus is (Joh. 15:7; L&V 46:30). Ons vra dan vir dinge wat reg is en daarom gee God hulle aan ons (3 Ne. 18:20). Sommige gebede bly onbeantwoord omdat hulle hoegenaamd nie Christus se begeerte verteenwoordig nie, maar ontstaan eerder uit die mens se selfsugtigheid (Jak. 4:3; L&V 46:9). Inderdaad, as ons vir God onregverdige dinge vra, sal dit tot ons veroordeling keer (L&V 88:65).