Studiehulp
Jakob, Seun van Isak


Jakob, Seun van Isak

’n Ou Testamentiese patriarg en profeet; die jongere van die tweelingseuns van Isak en Rebekka (Gén. 25:19–26). Jakob het die geboortereg verkry oor sy broer, Esau. Dit was as gevolg van Jakob se waardigheid en omdat hy in die verbond getrou het, terwyl Esau sy geboortereg verag het en buite die verbond getrou het (Gén. 25:30–34; 26:34–35; 27; 28:6–9; Hebr. 12:16).