Studiehulp
Heilige Gees


Heilige Gees

Die derde lid van die Godheid (1 Joh. 5:7; L&V 20:28). Hy is ’n persoon van Gees wat nie ’n liggaam van vlees en been het nie (L&V 130:22). Daar word dikwels na die Heilige Gees verwys as die Gees, of die Gees van God.

Die Heilige Gees vervul verskeie lewensbelangrike rolle in die heilsplan. (1) Hy getuig van die Vader en die Seun (1 Kor. 12:3; 3 Ne. 28:11; Ether 12:41). (2) Hy openbaar die waarheid van alle dinge (Joh. 14:26; 16:13; Moro. 10:5; L&V 39:6). (3) Hy reinig diegene wat bekeer het en gedoop word (Joh. 3:5; 3 Ne. 27:20; Moses 6:64–68). (4) Hy is die Heilige Gees van Belofte (L&V 76:50–53; 132:7, 18–19, 26).

Die mag van die Heilige Gees kan voor die doop oor ’n persoon kom en getuig dat die evangelie waar is. Maar die reg om die voortdurende metgeselskap van die Heilige Gees te hê, wanneer ’n mens waardig is, is ’n gawe wat slegs ontvang kan word deur die oplegging van hande deur ’n draer van die Melgisédekse Priesterskap na ’n gevolmagtigde doop in die ware Kerk van Jesus Christus.

Jesus het geleer dat alle sondes vergewe kan word behalwe lastering teen die Heilige Gees (Matt. 12:31–32; Mark. 3:28–29; Lk. 12:10; Hebr. 6:4–8; L&V 76:34–35).