Studiehulp
Vergewe


Vergewe

Soos gebruik in die skrifture beteken om te vergewe oor die algemeen een van twee dinge: (1) Wanneer God die mens vergewe, kanselleer of stel Hy ’n gegewe straf vir sonde ter syde. Deur die Versoening van Christus is vergifnis van sondes beskikbaar aan almal wat bekeer, behalwe diegene wat skuldig is aan moord of die onvergeeflike sonde teen die Heilige Gees. (2) Soos mense mekaar vergewe, behandel hulle mekaar met Christelike liefde en het geen slegte gevoelens teenoor diegene wat hulle te na gekom het nie (Matt. 5:43–45; 6:12–15; Lk. 17:3–4; 1 Ne. 7:19–21).