Jesus Christus is die Verlosser van die mensdom omdat Hy almal red van die slawerny van die dood en die bekeerling van die straf van sonde. Jesus Christus is die groot Verlosser van die mensdom omdat Hy deur sy versoening die prys betaal het vir die sondes van die mensdom en die opstanding van alle mense moontlik gemaak het.
Jy moet hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos, Matt. 1:21 .
Die Seun van die mens het gekom om sy lewe te gee as ’n losprys vir baie, Matt. 20:28 (1 Tim. 2:5–6 ).
Die Here God van Israel het sy volk besoek en vir hulle verlossing teweeggebring, Lk. 1:68 .
Ons is met God versoen deur die dood van sy Seun, Rom. 5:10 .
Die Verlosser sal uit Sion kom, Rom. 11:26 .
Jesus Christus het Homself vir ons gegee om ons te verlos van alle ongeregtigheid, Tit. 2:13–14 .
Jesus Christus het ons van ons sondes gewas in sy bloed, Openb. 1:5 .
Verlossing kom in en deur die Heilige Messias, 2 Ne. 2:6–7, 26 .
Die Seun het op homself die mens se goddeloosheid en oortredinge geneem, hulle verlos en het aan die eise van geregtigheid voldoen, Mosia 15:6–9, 18–27 .
Christus het gekom om al diegene wat gedoop sal word tot bekering, te verlos, Alma 9:26–27 .
Hy sal in die wêreld kom om sy volk te verlos, Alma 11:40–41 .
Verlossing kom deur bekering, Alma 42:13–26 .
Jesus Christus het gekom om die wêreld te verlos, Hel. 5:9–12 .
Christus het die mensdom verlos van fisiese en geestelike dood, Hel. 14:12–17 .
Verlossing kom deur Christus, 3 Ne. 9:17 .
Ek is Hy wat voorberei was vanaf die grondlegging van die wêreld om my volk te verlos, Ether 3:14 .
Die Here jou Verlosser het die dood in die vlees gely, L&V 18:11 .
Christus het vir almal gely as hulle bekeer, L&V 19:1, 16–20 .
Klein kindertjies word verlos deur die Eniggeborene, L&V 29:46 .
Ek het my Eniggebore Seun in die wêreld gestuur vir die verlossing van die wêreld, L&V 49:5 .
Christus is die lig en Verlosser van die wêreld, L&V 93:8–9 .
Joseph F. Smith het ’n visioen ontvang van die Verlossing van die dode, L&V 138 .
Die Heiliges het die Seun van God erken as hulle Redder en Verlosser, L&V 138:23 .