Studiehulp
Boek van Mormon


Boek van Mormon

Een van die vier boekdele van skrifture wat aanvaar word deur Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Dit is ’n verkorting deur ’n voortydse profeet genaamd Mormon van die kronieke van voortydse inwoners van die Amerikas. Dit is geskryf om te getuig dat Jesus die Christus is. Betreffende hierdie kroniek, het die Profeet Joseph Smith, wat dit vertaal het deur die gawe en mag van God, gesê, “Ek het aan die broers gesê dat die Boek van Mormon die mees korrekte van enige boek op aarde is, en is die sluitsteen van ons geloof, en ’n mens sal nader aan God kom deur te hou by die beginsels daarin vervat, as deur enige ander boek” (sien die inleiding voor in die Boek van Mormon).

Die Boek van Mormon is ’n godsdienstige kroniek van drie groepe mense wat van die Ou Wêreld verhuis het na die Amerikaanse vastelande. Hierdie groepe is gelei deur profete wat hulle godsdienstige en wêreldse geskiedenis opgeteken het op metaalplate. Die Boek van Mormon vermeld die besoek van Jesus Christus aan mense van die Amerikas na sy Opstanding. ’n Tweehonderdjarige vredestydperk het daardie besoek van Christus gevolg.

Moroni, die laaste van die Nefitiese profeet-historici, het die verkorte kronieke van hierdie volke verseël en het hulle weggebêre in ongeveer 421 n.C. In 1823 het die herrese Moroni vir Joseph Smith besoek en het later hierdie voortydse en heilige kronieke aan hom oorhandig om vertaal te word en aan die wêreld te gee as nog ’n getuienis van Jesus Christus.