Skrifture
Leer en Verbonde 132


Afdeling 132

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Nauvoo, Illinois, opgeteken 12 Julie 1843, betreffende die nuwe en ewigdurende verbond, insluitende die ewigheid van die huweliksverbond en die beginsel van die veelvoudige huwelik. Alhoewel die openbaring in 1843 opgeteken is, dui bewyse aan dat sommige van die beginsels betrokke in hierdie openbaring aan die Profeet bekend was so vroeg as 1831. Sien Amptelike Verklaring 1.

1–6, Verheffing word verkry deur die nuwe en ewigdurende verbond; 7–14, Die terme en voorwaardes van daardie verbond word uiteengesit; 15–20, Die selestiale huwelik en die voortsetting van die familie-eenheid stel die mens in staat om gode te word; 21–25, Die eng en smal weg lei na ewige lewens; 26–27, Die wet ten opsigte van lastering teen die Heilige Gees word gegee; 28–39, Beloftes van ewige nakomelingskap en verheffing word gemaak aan profete en Heiliges in alle tye; 40–47, Joseph Smith word die mag gegee om te bind en te seël op die aarde en in die hemel; 48–50, Die Here verseël sy verheffing op hom; 51–57, Emma Smith word aangeraai om getrou en opreg te wees; 58–66, Wette wat die veelvoudige huwelik beheer, word uiteengesit.

1 Voorwaar so sê die Here vir jou my dienskneg Joseph, dat in soverre jy navraag gedoen het van my hand om te weet en te verstaan waarin Ek, die Here, my diensknegte Abraham, Isak, en Jakob, asook Moses, Dawid en Salomo geregverdig het, my diensknegte, rakende die beginsel en leerstelling dat hulle vele avroue en byvroue gehad het—

2 Kyk, en sien, Ek is die Here jou God, en sal jou antwoord rakende hierdie saak.

3 Daarom, aberei jou hart voor om die instruksies wat Ek binnekort aan jou gaan gee, te ontvang en gehoorsaam; want al diegene aan wie hierdie wet geopenbaar word, moet dit gehoorsaam.

4 Want kyk, Ek openbaar aan julle ’n nuwe en ewigdurende averbond; en indien julle nie daardie verbond nakom nie, dan is julle bverdoem; want niemand kan hierdie verbond cverwerp en toegelaat word om my heerlikheid binne te gaan nie.

5 Want almal wat ’n aseëning vanuit my hande wil hê sal die bwet gehoorsaam wat bepaal is vir daardie seëning, en die voorwaardes daarvan, soos ingestel vanaf voor die grondlegging van die wêreld.

6 En betreffende die anuwe en ewigdurende verbond, dit is ingestel vir die volheid van my bheerlikheid; en hy wat ’n volheid daarvan ontvang, móét en sal die wet gehoorsaam, of hy sal verdoem word, sê die Here God.

7 En voorwaar Ek sê vir julle, dat die avoorwaardes van hierdie wet die volgende is: Alle verbonde, kontrakte, verbintenisse, verpligtinge, bede, geloftes, verrigtinge, betrekkinge, verbondenhede, of verwagtinge wat nie gemaak en gesluit en cverseël is deur die dHeilige Gees van die belofte nie, deur hom wat gesalf is, beide vir tyd en vir alle ewigheid, en dit is ook hoogheilig, deur eopenbaring en gebod deur middel van my gesalfde, wat Ek aangestel het op die aarde om hierdie mag te hou (en Ek het my dienskneg Joseph aangestel om hierdie mag te hou in die laaste dae, en daar is nooit behalwe een op die aarde op ’n keer op wie hierdie mag en die fsleutels van die priesterskap toegeken word nie), het geen geldigheid, waarde, of is van krag in en na die opstanding van die dode nie; want alle kontrakte wat nie gesluit word vir hierdie doel nie, het ’n einde wanneer die mens dood is.

8 Kyk, my huis is ’n huis van orde, sê die Here God, en nie ’n huis van verwarring nie.

9 Sal Ek ’n aofferande aanvaar, sê die Here, wat nie in my Naam gemaak word nie?

10 Of sal Ek vanuit julle hande dít ontvang wat Ek nie agebied het nie?

11 En sal Ek vir julle gebied, sê die Here, behalwe as dit ooreenkomstig die wet is, net soos Ek en my Vader julle ageordineer het voor die wêreld was?

12 Ek is die Here julle God; en Ek gee aan julle hierdie gebod—dat niemand na die Vader sal akom behalwe deur My of deur my woord nie, wat my wet is, sê die Here.

13 En alles wat in die wêreld is, hetsy dit deur die mens geordineer is, deur trone, of prinsdomme, of magte, of welbekende dinge, wat hulle ook al mag wees, wat nie deur My of deur my woord is nie, sê die Here, sal neergewerp word, en sal anie voortduur na die mens dood is nie, nóg in nóg ná die opstanding, sê die Here julle God.

14 Want wat ook al voortduur is deur My; en welke dinge wat nie deur My is nie, sal geskud en vernietig word.

15 Daarom, indien ’n man met ’n vrou atrou in die wêreld, en hy trou nie met haar deur My nóg deur my woord, en hy ’n verbond sluit met haar solank as hy in die wêreld is en sy met hom, is hulle verbond en huwelik nie van krag wanneer hulle dood is nie, en wanneer hulle uit die wêreld is nie; daarom, hulle is nie gebind deur enige wet wanneer hulle uit die wêreld is nie.

16 Daarom, wanneer hulle uit hierdie wêreld is, trou hulle nie en word hulle nie in die ahuwelik uitgegee nie; maar word as bengele in die hemel aangestel, welke engele dienende diensknegte is, om diegene te dien wat waardig is van ’n veel meer, en ’n uitermate, en ewige gewig van heerlikheid.

17 Want hierdie engele het nie my wet gehoorsaam nie; daarom, kan hulle nie vermeerder word nie, maar bly afsonderlik en enkel, sonder verheffing, in hulle geredde toestand, vir alle ewigheid; en is voortaan nie gode nie, maar is engele van God vir ewig en ewig.

18 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, indien ’n man met ’n vrou trou, en ’n verbond met haar sluit vir tyd en vir alle ewigheid, indien daardie verbond nie deur My of deur my woord is nie, wat my wet is, en nie verseël is deur die Heilige Gees van die belofte nie, deur hom wat Ek gesalf en aangestel het tot hierdie mag, dan is dit nie geldig of van krag wanneer hulle uit die wêreld is nie, omdat hulle nie deur my saamgevoeg is nie, sê die Here, nóg deur my woord; wanneer hulle uit die wêreld is kan dit nie daar ontvang word nie, omdat die engele en die gode daar aangestel is, by wie hulle nie kan verbygaan nie; hulle kan, derhalwe, nie my heerlikheid beërwe nie; want my huis is ’n huis van orde, sê die Here God.

19 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, indien ’n man met ’n vrou trou deur my woord, wat my wet is, en deur die anuwe en ewigdurende verbond, en dit word op hulle bverseël deur die Heilige Gees van die cbelofte, deur hom wat gesalf is, aan wie Ek hierdie mag gegee het en die dsleutels van hierdie priesterskap; en dit sal aan hulle gesê word—Julle sal voortkom in die eerste opstanding; en indien dit na die eerste opstanding is, in die volgende opstanding; en sal etrone, koninkryke, prinsdomme, en magte, heerskappye, alle hoogtes en dieptes beërwe—dan sal dit geskryf word in die Lam se fBoek van die Lewe, dat hy geen moord sal pleeg waardeur onskuldige bloed vergiet word nie, en indien julle my verbond gehoorsaam en geen moord pleeg waardeur onskuldige bloed vergiet word nie, sal dit aan hulle gedoen word in alle dinge wat my dienskneg ook al op hulle geplaas het, vir tyd, en deur alle ewigheid; en sal ten volle van krag wees wanneer hulle uit die wêreld is; en hulle sal by die engele verbygaan, en die gode, wat daar gestel is, tot hulle gverheffing en heerlikheid in alle dinge, soos verseël is op hulle hoofde, welke heerlikheid ’n volheid en ’n voortsetting van die saad vir ewig en ewig sal wees.

20 Dan sal hulle gode wees, omdat hulle geen einde het nie; daarom sal hulle van ewigdurendheid tot ewigdurendheid wees, omdat hulle voortgaan; dan sal hulle bo alles wees, want alle dinge is aan hulle onderworpe. Dan sal hulle agode wees, omdat hulle balle mag het, en die engele is aan hulle onderworpe.

21 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, tensy julle my awet gehoorsaam, kan julle nie hierdie heerlikheid bereik nie.

22 Want aeng is die poort, en smal die bweg wat lei na die verheffing en voortsetting van die clewens, en daar is min wat dit vind, omdat julle My nie in die wêreld aanvaar nie, nóg ken julle My.

23 Maar indien julle My in die wêreld aanvaar, dan sal julle My ken, en sal julle verheffing ontvang; sodat awaar Ek is, julle ook sal wees.

24 Dit is aewige lewens—om die enigste wyse en ware God te ken, en Jesus Christus, wat Hy bgestuur het. Ek is Hy. Aanvaar julle daarom my wet.

25 aBreed is die poort, en wyd is die weg wat na die bsterftes lei; en daar is vele wat daar ingaan, omdat hulle My nie caanvaar nie, nóg gehoorsaam hulle my wet.

26 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, indien ’n man met ’n vrou trou volgens my woord, en hulle word verseël deur die aHeilige Gees van die belofte, volgens my aanstelling, en hy of sy enige sonde of oortreding teen die nuwe en ewigdurende verbond hoegenaamd pleeg, en allerlei soorte godslastering, en indien hulle nie moord bpleeg waarin hulle onskuldige bloed vergiet nie, tog sal hulle voortkom in die eerste opstanding, en hulle verheffing binnegaan; maar hulle sal in die vlees vernietig word, en sal coorgelewer word aan die teisterings van dSatan tot die dag van verlossing, sê die Here God.

27 Die alastering teen die Heilige Gees, wat bnie in die wêreld vergewe sal word nie, nóg uit die wêreld, is deur die pleeg van moord waarin julle onskuldige bloed vergiet, en toestem tot my dood, nadat julle die nuwe en ewigdurende verbond aanvaar het, sê die Here God; en hy wat nie hierdie wet gehoorsaam nie, kan hoegenaamd nie my heerlikheid binnegaan nie, maar sal cverdoem word, sê die Here.

28 Ek is die Here jou God en Ek gee aan jou die wet van my Heilige Priesterskap, soos geordineer deur My en my Vader voor die wêreld was.

29 aAbraham het alle dinge ontvang, wat hy ook al ontvang het, deur openbaring en gebod, deur my woord, sê die Here, en het sy verheffing binnegegaan en sit op sy troon.

30 Abraham het abeloftes ontvang aangaande sy saad, en van die vrugte van sy lendene—van wie se blendene jy is, naamlik my dienskneg Joseph—wat sou voortduur solank as hulle in die wêreld was; en rakende Abraham en sy saad, en hulle moes voortduur uit die wêreld; beide in die wêreld en uit die wêreld moes hulle voortduur, ontelbaar soos die csterre; of indien julle die sand op die strand wou tel, kan julle dit nie tel nie.

31 Hierdie belofte behoort ook aan julle, omdat julle van aAbraham is, en die belofte is gemaak aan Abraham, en deur hierdie wet is die voortsetting van die werke van my Vader, waarin Hy Homself verheerlik.

32 Gaan julle, daarom, en doen die awerke van Abraham; tree toe tot my wet en julle sal gered word.

33 Maar indien julle nie tot my wet toetree nie, kan julle nie die belofte van my Vader ontvang wat Hy aan Abraham gemaak het nie.

34 God het Abraham agebied, en bSara het cHagar vir Abraham as vrou gegee. En waarom het sy dit gedoen? Omdat dit die wet was; en uit Hagar het vele mense voortgekom. Dit, was daarom, onder andere, die vervulling van die beloftes.

35 Was Abraham, derhalwe, onder veroordeling? Voorwaar Ek sê vir julle, Nee, want Ek, die Here, het dit agebied.

36 Abraham is agebied om sy seun bIsak te offer; nietemin dit was geskrywe: Jy sal nie cdoodslaan nie. Abraham het egter nie geweier nie, en dit is vir hom as dregverdigheid gereken.

37 Abraham het abyvroue ontvang, en hulle het hom kinders gebaar; en dit is hom toegereken as regverdigheid, omdat hulle aan hom gegee was, en hy het my wet gehoorsaam; soos ook Isak en bJakob geen ander dinge gedoen het as wat hulle gebied was nie; en omdat hulle geen ander dinge gedoen het as wat hulle beveel was nie, hulle het hul cverheffing binnegegaan, volgens die beloftes, en sit op trone, en is nie engele nie, maar is gode.

38 aDawid het ook bbaie vroue en byvroue ontvang en ook Salomo en Moses my diensknegte, asook vele andere van my diensknegte, vanaf die begin van die skepping tot hierdie tyd; en in niks het hulle gesondig nie, behalwe daardie dinge wat hulle nie van My ontvang het nie.

39 Dawid se vroue en byvroue is aan hom agegee deur My, deur die hand van Natan, my dienskneg, en andere van die profete wat die bsleutels gehad het van hierdie mag; en in geen van hierdie dinge het hy teen my gesondig nie, behalwe in die geval van cUria en sy vrou; en, daarom het hy geval van sy verheffing, en het sy gedeelte ontvang; en hy sal hulle nie uit die wêreld beërwe nie, want Ek het hulle aan ’n ander dgegee, sê die Here.

40 Ek is die Here jou God, en Ek het aan jou gegee, my dienskneg Joseph, ’n amp, en aherstel alle dinge. Vra wat jy wil, en dit sal aan jou gegee word volgens my woord.

41 En aangesien jy gevra het aangaande egbreuk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, indien ’n man ’n vrou ontvang in die nuwe en ewigdurende verbond, en indien sy met ’n ander man is, en Ek het nie die ander man aan haar toegewys deur die heilige salwing nie, het sy egbreuk gepleeg en sal vernietig word.

42 En indien sy nie in die nuwe en ewigdurende verbond is nie, en sy is met ’n ander man, het sy egbreuk agepleeg.

43 En indien haar man met ’n ander vrou is, en hy was onder ’n agelofte, het hy sy gelofte verbreek en het egbreuk gepleeg.

44 En indien sy nie egbreuk gepleeg het nie, maar onskuldig is en nie haar gelofte verbreek het nie, en sy weet dit, en Ek openbaar dit aan jou, my dienskneg Joseph, dan sal jy mag hê, deur die mag van my Heilige Priesterskap, om haar te neem en aan hom te gee wat nie egbreuk gepleeg het nie maar agetrou was; want hy sal heerser oor vele gemaak word.

45 Want Ek het aan jou die asleutels en mag van die priesterskap toegeken, waarin Ek alle dinge bherstel, en alle dinge aan jou bekendmaak op die bepaalde tyd.

46 En voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou dat wie jy ook al op die aarde averseël, sal in die hemel verseël wees; en wat jy ook al op die aarde bind, in my Naam en deur my woord, sê die Here, sal dit ewiglik in die hemele gebind wees; en wie se sondes jy op die aarde bvergewe, sal ewiglik in die hemele vergewe word; en wie se sondes jy op die aarde behou, sal in die hemel behou word.

47 En verder, voorwaar Ek sê, wie jy ook al seën, sal Ek seën, en wie jy ook al vervloek, sal Ek avervloek, sê die Here; want Ek, die Here, is jou God.

48 En verder, voorwaar Ek sê vir jou, my dienskneg Joseph, dat wat jy ook al gee op die aarde, en aan wie jy gee, enigeen op die aarde, deur my woord en volgens my wet, dit besoek sal word met seëninge en nie vervloekinge nie, en met my mag, sê die Here, en sal sonder veroordeling op die aarde en in die hemel wees.

49 Want Ek is die Here jou God, en sal met jou wees en wel tot die aeinde van die aarde, en deur alle ewigheid; want voorwaar Ek bverseël jou cverheffing op jou, en berei ’n troon voor vir jou in die koninkryk van my Vader, met Abraham jou dvader.

50 Kyk, Ek het jou aopofferings gesien, en sal al jou sondes vergewe; Ek het jou opofferings gesien in gehoorsaamheid aan dit wat Ek jou gesê het. Gaan, daarom, en Ek maak ’n uitweg vir jou ontvlugting, soos Ek die offerande van Abraham van sy seun Isak baanvaar het.

51 Voorwaar, Ek sê vir jou: ’n gebod gee Ek aan my diensmaagd Emma Smith, jou vrou, wat Ek aan jou gegee het, dat sy haar weerhou en nie deelneem aan dit wat Ek jou gebied het om aan haar aan te bied nie; want Ek het dit gedoen, sê die Here, om julle almal te beproef, soos Ek Abraham beproef het, en sodat Ek ’n offerande van jou hand mag vereis, deur verbond en offer.

52 En laat my diensmaagd aEmma Smith, al diegene aanvaar wat aan my dienskneg Joseph gegee is, en wat kuis en rein is voor My; en diegene wat nie rein is nie, en gesê het dat hulle kuis is, sal vernietig word, sê die Here God.

53 Want Ek is die Here jou God, en julle sal my stem gehoorsaam; en Ek gee aan my dienskneg Joseph dat hy heerser gemaak sal word oor vele dinge; want hy was agetrou oor ’n paar dinge, en voortaan sal Ek hom versterk.

54 En Ek gebied my diensmaagd, Emma Smith, om te bly by en te kleef aan my dienskneg Joseph, en niemand anders nie. Maar indien sy nie hierdie gebod gehoorsaam nie, sal sy vernietig word, sê die Here; want Ek is die Here jou God, en sal haar vernietig as sy nie hierdie wet gehoorsaam nie.

55 Maar indien sy nie hierdie gebod wil gehoorsaam nie, dan sal my dienskneg Joseph alle dinge vir haar doen, net soos hy gesê het en Ek sal hom seën en hom vermenigvuldig en aan hom ahonderdvoudig in hierdie wêreld gee, van vaders en moeders, broers en susters, huise en grond, vroue en kinders, en krone van bewige lewens in die ewige wêrelde.

56 En verder, voorwaar Ek sê laat my diensmaagd my dienskneg Joseph avergewe van sy oortredings; en dan sal haar oortredings vergewe word, waarin sy teen My oortree het; en Ek, die Here jou God, sal haar seën, en haar vermenigvuldig, en haar hart laat bly word.

57 En verder, Ek sê, moenie dat my dienskneg Joseph sy besittings uit sy hande laat gaan nie, sodat ’n vyand nie kom en hom vernietig nie; want Satan asoek om te vernietig want Ek is die Here jou God, en hy is my dienskneg; en kyk, en sien, Ek is met hom, soos Ek met Abraham was, jou vader, en wel tot sy bverheffing en heerlikheid.

58 Nou, rakende die wet van die apriesterskap, daar is vele dinge wat daarmee verband hou.

59 Voorwaar, indien ’n man geroep word deur my vader, soos aAäron was, deur my eie stem, en deur die stem van Hom wat My gestuur het, en Ek het hom begiftig met die bsleutels en mag van hierdie priesterskap, indien hy enigiets doen in my Naam, en volgens my wet en deur my woord, sal hy nie sonde pleeg nie, en Ek sal hom regverdig.

60 Laat niemand, daarom, my dienskneg Joseph kritiseer nie; want Ek sal hom regverdig; want hy sal die opofferings doen wat Ek van sy hande vereis vir sy oortredings, sê die Here jou God.

61 En verder, betreffende die wet van die priesterskap—indien enige man met ’n amaagd trou, en begeer om met ’n bander te trou, en die eerste gee haar toestemming, en as hy met die tweede trou, en hulle is maagde, en het nie ’n gelofte aan ’n ander man afgelê nie, dan is hy geregverdig; hy kan nie egbreuk pleeg nie want hulle is aan hom gegee; want hy kan nie egbreuk pleeg met dit wat aan hom behoort en niemand anders nie.

62 En indien tien maagde aan hom gegee word deur hierdie wet, kan hy nie egbreuk pleeg nie, want hulle behoort aan hom, en hulle word aan hom gegee; daarom is hy geregverdig.

63 Maar indien een of enige van die tien maagde, nadat sy getroud is, met ’n ander man sal wees, het sy egbreuk gepleeg, en sal vernietig word; want hulle word aan hom gegee om te avermeerder en die aarde te vul, volgens my gebod, en om die belofte te vervul wat gegee is deur my Vader voor die grondlegging van die wêreld, en vir hulle verheffing in die ewige wêrelde, sodat hulle die siele van mense mag baar; want hierin word die bwerk van my Vader voortgesit, sodat Hy verheerlik mag word.

64 En verder, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, indien enige man ’n vrou het, wat die sleutels hou van hierdie mag, en hy leer aan haar die wet van my priesterskap betreffende hierdie dinge, dan sal sy glo en hom dien, of sy sal vernietig word, sê die Here julle God; want Ek sal haar vernietig; want Ek sal my Naam verheerlik in al diegene wat my wet aanvaar en gehoorsaam.

65 Daarom, dit sal in My wettig wees, indien sy nie hierdie wet aanvaar nie, vir hom om alle dinge te ontvang wat Ek, die Here sy God, ook al aan hom wil gee, omdat sy nie geglo het nie en hom nie gedien het volgens my woord nie; en dan word sy ’n oortreder, en dan is hy vrygestel van die wet van Sara, wat Abraham gedien het volgens die wet toe Ek Abraham gebied het om Hagar as vrou te neem.

66 En nou, betreffende hierdie wet, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, Ek sal meer aan jou openbaar hierna; daarom, laat dit genoegsaam wees vir die huidige. Kyk, Ek is Alfa en Omega. Amen.