Skrifture
Leer en Verbonde 105


Afdeling 105

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, by die Fishing-rivier, Missouri, 22 Junie 1834. Onder leierskap van die Profeet, het Heiliges van Ohio en ander areas na Missouri gemarsjeer in ’n ekspedisie wat later bekend gestaan het as Sion se Kamp. Hulle doel was om die verbande Missouri Heiliges terug te begelei na hulle lande in Jackson-distrik. Missouriërs wat voorheen die Heiliges vervolg het, het vergelding deur Sion se Kamp gevrees en ’n voorsprong aanval teen sommige Heiliges wat in Clay-distrik, Missouri, gewoon het, geloods. Nadat die goewerneur van Missouri sy belofte om die Heiliges te ondersteun, teruggetrek het, het Joseph Smith hierdie openbaring ontvang.

1–5, Sion sal opgebou word in ooreenstemming met die selestiale wet; 6–13, Die herstelling van Sion word vir ’n kort rukkie uitgestel; 14–19, Die Here sal die veldslae van Sion veg; 20–26, Die Heiliges moet verstandig wees en nie roem op magtige werke terwyl hulle versamel nie; 27–30, Grond in die Jackson- en ander distrikte moet gekoop word; 31–34, Die ouderlinge moet ’n begiftiging in die huis van die Here in Kirtland ontvang; 35–37, Heiliges wat beide geroep en gekies word, sal geheilig word; 38–41, Die Heiliges moet ’n vaandel van vrede tot die wêreld ophef.

1 Voorwaar Ek sê vir julle wat julleself byeen versamel het sodat julle my wil mag leer betreffende die aherstelling van my verdrukte volk—

2 Kyk, Ek sê vir julle, as dit nie was vir die aoortredings van my volk nie, sprekende betreffende die kerk en nie individue nie, mag hulle selfs nou al herstel gewees het.

3 Maar kyk, hulle het nie geleer om gehoorsaam te wees aan die dinge wat Ek van hulle hande vereis het nie, maar is gevul met allerlei soorte boosheid, en adeel nie hulle besittings, soos dit heiliges betaam, met die armes en verdruktes onder hulle nie;

4 En is nie averenig ooreenkomstig die eenheid vereis deur die wet van die selestiale koninkryk nie;

5 En aSion kan nie opgebou word btensy dit deur die beginsels van die cwet van die selestiale koninkryk is nie; anders kan Ek haar nie tot myself ontvang nie.

6 En my volk moet noodwendig agekasty word tot hulle bgehoorsaamheid leer, indien nodig, deur die dinge wat hulle ly.

7 Ek spreek nie aangaande diegene wat aangestel is om my volk te lei nie, wat die aeerste ouderlinge van my kerk is, want hulle is nie almal onder hierdie veroordeling nie;

8 Maar Ek spreek aangaande my kerke elders—daar is vele wat sal sê: Waar is hulle God? Kyk, Hy sal hulle verlos in tye van nood, anders sal ons nie opgaan na Sion nie, en ons sal ons geld hou.

9 Daarom, as gevolg van die aoortredings van my volk, is dit raadsaam in My dat my ouderlinge vir ’n kort tydjie moet wag vir die herstelling van Sion—

10 Sodat hulle self voorbereid mag wees, en dat my volk meer volledig onderrig mag word, en ervaring hê, en meer volledig weet aangaande hulle aplig, en die dinge wat Ek van hulle hande vereis.

11 En dit kan nie teweeggebring word tot my aouderlinge bbegiftig word met krag van omhoog nie.

12 Want kyk, Ek het ’n groot begiftiging en seëning voorberei om auitgestort te word op hulle, in soverre hulle getrou is en voortgaan in ootmoed voor My.

13 Daarom is dit raadsaam in my dat my ouderlinge vir ’n kort tydjie moet wag vir die herstelling van Sion.

14 Want kyk, Ek vereis nie van hulle hande om die veldslae van Sion te veg nie; want; soos Ek gesê het in ’n vorige gebod, net so sal Ek vervul—Ek sal julle veldslae aveg.

15 Kyk, die avernietiger het Ek uitgestuur om my vyande te vernietig en te verwoes; en nie vele jare van nou af sal hulle nie gelaat word om my erfenis te besoedel nie, en om my Naam te blaster op die grond wat Ek cgeheilig het vir die versameling van my heiliges.

16 Kyk, Ek het my dienskneg Joseph Smith, Jr., gebied om aan die asterkte van my huis te sê, naamlik my krygers, my jong manne, en die middeljariges, om byeen te versamel vir die herstelling van my volk, en die torings neer te werp van my vyande, en hulle bwagte te verstrooi.

17 Maar die sterkte van my huis het nie ag geslaan op my woorde nie.

18 Maar in soverre daar diegene is wat ag geslaan het op my woorde, het Ek ’n seëning en ’n abegiftiging vir hulle voorberei, indien hulle getrou bly.

19 Ek het hulle gebede gehoor, en sal hulle offerande aanvaar; en dit is raadsaam in My dat hulle so ver gebring word vir ’n beproewing van hulle ageloof.

20 En nou, voorwaar, Ek sê vir julle, ’n gebod gee Ek aan julle, dat soveel as wat hierheen gekom het, wat in die streek rondomheen kan bly, laat hulle bly;

21 En diegene wat nie kan bly nie, wat families het in die ooste, laat hulle vertoef vir ’n kort tydjie, in soverre my dienskneg Joseph vir hulle sal aandui.

22 Want Ek sal hom raadgee aangaande hierdie saak, en alle dinge wat hy ook al sal aandui vir hulle, sal vervul word.

23 En laat my hele volk wat woon in die streke rondomheen baie getrou wees, en voortdurend bid, en nederig wees voor my, en nie die dinge bekendmaak wat Ek aan hulle geopenbaar het nie, totdat dit wysheid in My is dat hulle geopenbaar word.

24 Praat nie van oordele nie, aspog nie oor geloof of magtige werke nie, maar kom met sorgvuldigheid byeen, soveel as moontlik in een streek, ooreenkomstig die gevoelens van die volk.

25 En kyk, Ek sal aan julle guns en genade gee in hulle oë, sodat julle in avrede en veiligheid mag rus, terwyl julle vir die volk sê: Oefen oordeel en geregtigheid uit vir ons ooreenkomstig die wet, en vergoed ons vir ongereg ons aangedoen.

26 Nou, kyk, Ek sê vir julle my vriende, op hierdie wyse mag julle guns vind in die oë van die volk, tot die aleër van Israel baie groot word.

27 En Ek sal die harte van die volk versag, soos Ek die hart van aFarao versag het, van tyd tot tyd, tot my dienskneg Joseph Smith, Jr., en my ouderlinge, wat Ek aangestel het, tyd sal hê om die sterkte van my huis bymekaar te maak.

28 En om averstandige manne uit te stuur om dit te vervul wat Ek gebied het aangaande die bkoop van al die grond in die Jackson-distrik wat gekoop kan word, en in die aangrensende distrikte rondomheen.

29 Want dit is my wil dat hierdie grond gekoop moet word; en nadat hulle gekoop is, dat my heiliges hulle sal besit ooreenkomstig die awette van toewyding wat Ek gegee het.

30 En nadat hierdie grond gekoop is, sal Ek die aleërs van Israel onskuldig beskou as hulle besit neem van hul eie grond, wat hulle voorheen gekoop het met hulle geld, en van die neerwerping van die torings van my vyande wat op hulle mag wees, en die verstrooiing van hulle wagte, en die bwraakneming van My en my vyande tot die derde en vierde geslag van hulle wat My haat.

31 Maar laat my leër eers baie groot word, en laat dit ageheilig word voor My, sodat dit so mooi soos die son en helder soos die bmaan word, en sodat haar baniere verskriklik mag wees vir alle nasies;

32 Sodat die koninkryke van hierdie wêreld gedwing mag word om te erken dat die koninkryk van Sion inderdaad die akoninkryk van ons God en sy Christus is; daarom, laat ons bonderhewig word aan haar wette.

33 Voorwaar, Ek sê vir julle, dit is raadsaam in My dat die eerste ouderlinge van my kerk hul abegiftiging van omhoog moet ontvang in my huis, wat Ek gebied het gebou moet word vir my Naam in die land Kirtland.

34 En laat daardie gebooie wat Ek gegee het aangaande Sion en haar awet uitgevoer en vervul word, na haar herstelling.

35 Daar was ’n dag van aroeping, maar die tyd het gekom vir ’n dag van verkiesing; en laat diegene gekies word wat bwaardig is.

36 En dit sal geopenbaar word aan my dienskneg, deur die stem van die Gees, diegene wat agekies word; en hulle sal bgeheilig word;

37 En in soverre hulle die araad volg wat hulle ontvang, sal hulle mag hê na vele dae om alle dinge te volbring betreffende Sion.

38 En verder sê Ek vir julle, doen ’n beroep om vrede, nie net op die mense wat julle getref het nie, maar ook op alle mense;

39 En hef ’n avaandel van bvrede op, en maak ’n verklaring van vrede tot die eindes van die aarde;

40 En maak verklarings van vrede aan diegene wat julle getref het, volgens die stem van die Gees wat in julle is, en aalle dinge sal ten goede meewerk vir julle.

41 Daarom, wees getrou; en kyk, en sien, aEk is met julle en wel tot die einde. Dit is so. Amen.