Skrifture
Leer en Verbonde 50


Afdeling 50

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet te Kirtland, Ohio, 9 Mei 1831. Joseph Smith se geskiedenis dui aan dat sommige van die ouderlinge nie die openbaarmaking van geeste op die aarde verstaan het nie en dat hierdie openbaring gegee is in reaksie op sy spesiale navraag omtrent die saak. Sogenaamde geestelike verskynsels was nie ongewoon onder die lede nie, sommige van wie beweer het dat hulle visioene en openbarings ontvang.

1–5, Baie valse geeste is op die aarde; 6–9, Wee die huigelaars en diegene wat afgesny word van die Kerk; 10–14, Ouderlinge moet die evangelie predik deur die Gees; 15–22, Beide predikers en hoorders moet verlig word deur die Gees; 23–25, Dit wat nie opbou nie, is nie van God nie; 26–28, Die gelowiges is besitters van alle dinge; 29–36, Die gebede van die gereinigdes word beantwoord; 37–46, Christus is die Goeie Herder en die Rots van Israel.

1 Slaan ag, o julle ouderlinge van my kerk, en neig die oor na die stem van die lewende God; en gee aandag aan die woorde van wysheid wat aan julle gegee sal word, ooreenkomstig wat julle gevra het en verenig is rakende die kerk, en die geeste wat uitgegaan het op die aarde.

2 Kyk, voorwaar Ek sê vir julle, dat daar vele geeste is wat avalse geeste is, wat uitgegaan het op die aarde, om die wêreld te bedrieg.

3 En ook het aSatan gepoog om julle te bedrieg, sodat hy julle mag vernietig.

4 Kyk, Ek die Here, het julle aanskou, en die gruwels gesien in die kerk wat my Naam abely.

5 Maar geseënd is hulle wat getrou is en avolhard, hetsy in die lewe of in die dood, want hulle sal die ewige lewe beërwe.

6 Maar wee hulle wat abedrieërs en huigelaars is, want so sê die Here, Ek sal hulle tot oordeel bring.

7 Kyk, voorwaar Ek sê vir julle, daar is ahuigelaars onder julle, wat sommiges bedrieg het, wat die bteenstander cmag gegee het; maar kyk, ddiesulkes sal teruggewin word;

8 Maar die huigelaars sal bekendgemaak en aafgesny word, hetsy in die lewe of in die dood, net soos Ek wil; en wee hulle wat afgesny word van my kerk, want hulle is oorwin deur die wêreld.

9 Daarom, laat elkeen oppas, sodat hy nie dit doen wat nie in waarheid en regverdigheid is voor My nie.

10 En nou kom, sê die Here, deur die Gees, aan die ouderlinge van sy kerk, en laat ons tesame aredeneer, sodat julle mag verstaan;

11 Laat ons redeneer net soos ’n mens redeneer met ’n ander van aangesig tot aangesig.

12 Nou, wanneer ’n mens redeneer, word hy verstaan deur die mense, want hy redeneer soos ’n mens; net so sal Ek, die Here, redeneer met julle sodat julle mag averstaan.

13 Daarom, Ek die Here vra vir julle hierdie vraag—waartoe is julle ageordineer?

14 Om my evangelie te predik deur die aGees, naamlik die bTrooster wat uitgestuur is om die waarheid te onderrig.

15 En toe ontvang julle ageeste wat julle nie kon verstaan nie, en het hulle ontvang as van God te wees; en hierin is julle geregverdig?

16 Kyk, julle sal hierdie vraag self beantwoord; nietemin, Ek sal barmhartig wees teenoor julle; hy wat swak is onder julle, sal hierna asterk gemaak word.

17 Voorwaar, Ek sê vir julle dat hy wat deur My geordineer en uitgestuur is om die woord van waarheid te apredik deur die Trooster, in die bGees van waarheid, predik hy dit deur die Gees van waarheid of op ’n ander wyse?

18 En indien dit op ’n ander wyse is, is dit nie van God nie.

19 En verder, hy wat die woord van waarheid ontvang, ontvang hy dit deur die Gees van waarheid of op ’n ander wyse?

20 Indien dit op ’n ander wyse is, is dit nie van God nie.

21 Daarom, waarom is dit dat julle nie kan verstaan en weet dat hy wat die woord ontvang deur die Gees van waarheid dit ontvang soos dit gepreek word deur die Gees van waarheid?

22 Daarom, hy wat preek en hy wat ontvang, verstaan mekaar, en beide word aopgebou en bverbly tesame.

23 En dit wat nie opbou nie, is nie van God nie, en is aduisternis.

24 Dit wat van God is, is alig; en hy wat lig ontvang, en bvolhard in God, ontvang cmeer lig; en daardie lig word helderder en helderder tot die volmaakte dag.

25 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, en Ek sê dit sodat julle die awaarheid mag ken, sodat julle die duisternis mag verdryf van julle;

26 Hy wat deur God geordineer is, en uitgestuur word, hy is aangestel om die agrootste te wees, nieteenstaande hy die minste en bdienskneg van almal is.

27 Daarom, hy is die abesitter van alle dinge; want alle dinge is onderworpe aan hom, beide in die hemel en op die aarde, die lewe en die lig, die Gees en die bkrag, uitgestuur deur die wil van die Vader deur Jesus Christus, sy Seun.

28 Maar niemand is besitter van alle dinge nie, tensy hy agereinig en bskoongewas is van alle sonde.

29 En as julle gereinig en skoongewas is van alle sonde, sal julle avra wat julle ook al wil in die Naam van Jesus en dit sal gedoen word.

30 Maar weet dit, dit sal julle gegee word wat julle sal vra; en omdat julle aangestel is aan die ahoof, sal die geeste onderworpe wees aan julle.

31 Daarom, dit sal gebeur, dat indien julle ’n agees aanskou wat homself bekendmaak wat julle nie kan verstaan nie, en julle ontvang nie daardie gees nie, sal julle die Vader vra in die Naam van Jesus; en as Hy nie aan julle daardie gees gee nie, dan mag julle weet dat dit nie van God is nie.

32 En dit sal aan julle gegee word, amag oor daardie gees; en julle sal getuig teen daardie gees met ’n luide stem dat dit nie van God is nie—

33 Nie met aheftige beskuldiging nie, sodat julle nie oorweldig word nie, nóg deur bgrootpratery nóg met blydskap, sodat julle nie daardeur oorval word nie.

34 Hy wat ontvang van God, laat hom dit toeskryf aan God; en laat hom hom verbly dat hy waardig beskou word deur God om te ontvang.

35 En deur gehoor te gee en hierdie dinge te doen wat julle ontvang het, en wat julle hierna sal ontvang—en die akoninkryk word julle gegee deur die Vader, en bkrag om alle dinge te oorwin wat nie deur hom geordineer is nie—

36 En kyk, voorwaar, Ek sê vir julle, geseënd is julle wat nou hierdie woorde van My hoor van die mond van my dienskneg, want julle sondes is jul avergewe.

37 Laat my dienskneg Joseph Wakefield, in wie Ek ’n welbehae het, en my dienskneg aParley P. Pratt uitgaan onder die kerke en hulle versterk deur die woord van bvermaning.

38 En ook my dienskneg John Corrill, of soveel van my diensknegte as wat geordineer word tot hierdie amp, en laat hulle arbei in die awingerd; en laat niemand hulle verhinder om dit te doen waartoe Ek hulle aangestel het nie.

39 Daarom, in hierdie ding is my dienskneg aEdward Partridge nie geregverdig nie, nietemin, laat hom bekeer en hy sal vergewe word.

40 Kyk, julle is klein kindertjies en julle kan nie alle dinge nou averdra nie; julle moet btoeneem in cgenade en in die kennis van die dwaarheid.

41 aVrees nie, klein bkindertjies, want julle is myne, en Ek het die wêreld coorwin, en julle is van hulle wat die Vader My dgegee het;

42 En nie een van hulle wat my Vader My gegee het sal averlore gaan nie.

43 En die Vader en Ek is aeen. Ek is in die Vader en die Vader in My; en in soverre julle my ontvang het, is julle in My en Ek in julle.

44 Daarom, Ek is in julle midde, en Ek is die agoeie herder, en die brots van Israel. Hy wat bou op hierdie crots sal dnooit val nie.

45 En die dag kom dat julle my stem sal hoor en My asien, en weet dat Ek is.

46 aWaak daarom, sodat julle bgereed mag wees. Dit is so. Amen.