Skrifture
Leer en Verbonde 59


Afdeling 59

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, in Sion, Jackson-distrik, Missouri, 7 Augustus 1831. Voor hierdie openbaring is die land geheilig, soos deur die Here gebied, en die terrein vir die toekomstige tempel is toegewy. Op die dag wat hierdie openbaring ontvang is, is Polly Knight, die vrou van Joseph Knight Snr. oorlede, die eerste lid van die Kerk wat in Sion sterf. Vroeë lede het hierdie openbaring beskou as “opdragte aan die Heiliges hoe om die sabbat te heilig en hoe om te vas en te bid.”

1–4, Die getroue Heiliges in Sion sal geseën word; 5–8, Hulle moet die Here liefhê en dien en sy gebooie onderhou; 9–19, Deur die dag van die Here heilig te hou, word die Heiliges stoflik en geestelik geseën; 20–24, Die regverdiges word vrede beloof in hierdie wêreld en ewige lewe in die wêreld wat sal kom.

1 Kyk, geseënd, sê die Here, is hulle wat na hierdie land opgekom het met ’n aoog enkel gerig op my heerlikheid, volgens my gebooie.

2 Want hulle wat lewe sal die aarde abeërwe, en hulle wat bsterf sal rus van al hulle arbeid, en hulle werke sal hulle volg; en hulle sal ’n ckroon ontvang in die dwonings van my Vader, wat Ek voorberei het vir hulle.

3 Ja, geseënd is hulle wie se voete op die land Sion staan, wat my evangelie gehoorsaam het; want hulle sal vir hul loon ontvang die goeie dinge van die aarde, en dit sal voortbring in sy akrag.

4 En hulle sal ook gekroon word met seëninge van bo, ja, en met nie min gebooie nie, en met aopenbarings op hul tyd—hulle wat bgetrou en cywerig is voor my.

5 Daarom, Ek gee aan hulle ’n gebod, en sê aldus: Jy sal die Here jou God aliefhê met jou hele bhart, met al jou mag, verstand, en krag; en in die Naam van Jesus Christus sal jy hom cdien.

6 Jy sal jou anaaste liefhê soos jouself. Jy sal nie bsteel nie; nóg cegbreuk pleeg, nóg ddoodmaak, nóg iets dergeliks doen.

7 Jy sal die Here jou God adank in alle dinge.

8 Jy sal ’n aoffer bring aan die Here jou God in bregverdigheid, naamlik dit van ’n gebroke hart en ’n cberouvolle gees.

9 En dat jy jou meer ten volle aonbevlek mag hou van die wêreld, sal jy na die huis van gebed gaan en jou sakramente offer op my bheilige dag;

10 Want voorwaar dit is ’n dag wat toegewys is aan jou om te rus van jou arbeid, en om jou aanbidding aan die Allerhoogste te abetoon;

11 Nietemin, jou geloftes sal geoffer word in regverdigheid op alle dae en ten alle tye;

12 Maar onthou dat op hierdie, die dag van die Here, sal jy jou aoffergawes en jou sakramente aan die Allerhoogste offer, en jou sondes bbely aan jou broers, en voor die Here.

13 En op hierdie dag sal jy niks anders doen nie, laat net jou kos voorberei word met eenvoud van hart sodat jou avas volmaak mag wees, of, met ander woorde, dat jou bvreugde vol mag wees.

14 Voorwaar, dit is vas en gebed, of, met ander woorde, blydskap en gebed.

15 En in soverre julle hierdie dinge doen met adanksegging, met bopgeruimde charte en gesigte, nie met veel dgelag nie, want dit is sonde, maar met ’n blye hart en ’n opgeruimde gesig—

16 Voorwaar Ek sê dat in soverre julle dit doen, is die volheid van die aarde julle s’n, die diere van die veld en die voëls van die lug, en dit wat in die bome klim en op die aarde loop;

17 Ja, en die kruid, en die goeie dinge wat uit die aarde kom, hetsy vir kos of vir klere, of vir huise, of vir skure, of vir boorde, of vir tuine, of vir wingerde;

18 Ja, alle dinge wat uit die aaarde kom, in hul seisoen, is gemaak vir die voordeel en die gebruik van die mens, beide om die oog te behaag en om die hart te verbly;

19 Ja, vir kos en vir klere, vir smaak en vir reuk, om die liggaam te versterk en om die siel te verkwik.

20 En dit behaag God dat Hy al hierdie dinge aan die mens gegee het; want vir hierdie doel is hulle gemaak om gebruik te word, met oordeel, nie oormatig nie, nóg deur dwang.

21 En in niks gee die mens aaanstoot aan God nie, of teen niemand is sy toorn ontvlam nie, behalwe hulle wat nie sy hand berken in alle dinge nie, en nie sy gebooie gehoorsaam nie.

22 Kyk, dit is volgens die wet en die profete; daarom, hinder My nie meer aangaande hierdie saak nie.

23 Maar leer dat hy wat die werke van aregverdigheid doen sal sy bloon ontvang, naamlik cvrede in hierdie wêreld, en dewige lewe in die wêreld wat sal kom.

24 Ek, die Here, het dit gespreek, en die Gees lewer getuienis. Amen.