Skrifture
Leer en Verbonde 81


Afdeling 81

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Hiram, Ohio, 15 Maart 1832. Frederick G. Williams is geroep om ’n hoëpriester en ’n raadgewer vir Joseph Smith in die Presidensie van die Hoëpriesterskap te wees. Die historiese verslae toon dat toe hierdie openbaring ontvang is in Maart 1832, dit vir Jesse Gause tot die amp van raadgewer vir Joseph Smith in die Presidensie geroep het. Toe hy egter nie daarin kon slaag om voort te gaan op ’n wyse in ooreenstemming met hierdie aanstelling nie, is die roeping daarna oorgedra aan Frederick G. Williams. Die Openbaring (gedateer Maart 1832) moet beskou word as ’n stap in die rigting tot die formele organisasie van die Eerste Presidensie, wat spesifiek die amp van raadgewer vereis in daardie groep en die waardigheid van die aanstelling verduidelik. Broer Gause het vir ’n tydlank gedien, maar is geëkskommunikeer vanuit die Kerk in Desember 1832. Broer Williams is geordineer tot die spesifieke amp op 18 Maart 1833.

1–2, Die sleutels van die koninkryk word altyd gehou deur die Eerste Presidensie; 3–7, Indien Frederick G. Williams getrou is in sy bediening, sal hy die ewige lewe hê.

1 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou my dienskneg Frederick G. Williams: Luister na die stem van Hom wat spreek, na die woord van die Here jou God, en slaan ag op die roeping waarmee jy geroep is, naamlik om ’n ahoëpriester in my kerk te wees, en ’n raadgewer vir my dienskneg Joseph Smith, Jr.;

2 Aan wie Ek die asleutels van die koninkryk gegee het, wat altyd behoort aan die bPresidensie van die Hoëpriesterskap:

3 Daarom, voorwaar Ek erken hom en sal hom seën, en ook jou, in soverre jy getrou is in raadgewing, in die amp waartoe Ek jou aangestel het, altyd in gebed, hardop en in jou hart, in die openbaar en in die geheim, ook in jou bediening om die evangelie te verkondig in die land van die lewendes, en onder jou broers.

4 En sodoende sal jy die grootste goed doen aan jou medemens, en sal die aheerlikheid bevorder van Hom wat jou Here is.

5 Daarom, wees getrou; staan in die amp waarin Ek jou aangestel het; astaan die swakkes by, lig die hande op wat neerhang, en bversterk die cverswakte knieë.

6 En indien jy getrou is tot die einde, sal jy ’n kroon hê van aonsterflikheid, en die bewige lewe in die cwonings wat Ek voorberei het in die huis van my Vader.

7 Sien, en kyk, hierdie is die woorde van Alfa en Omega, naamlik Jesus Christus. Amen.