Skrifture
Leer en Verbonde 52


Afdeling 52

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan die ouderlinge van die Kerk, te Kirtland, Ohio, 6 Junie 1831. ’n Konferensie was gehou te Kirtland, wat op die 3de begin en op die 6de afgesluit het. Tydens hierdie konferensie is die eerste spesifieke ordinerings tot die amp van hoëpriester gedoen, en sekere manifestasies van valse en misleidende geeste is onderskei en bestraf.

1–2, Die volgende konferensie is geskeduleer om in Missouri gehou te word; 3–8, Benoeming van sekere ouderlinge wat saam moet reis, word gemaak; 9–11, Die ouderlinge moet onderrig wat die apostels en profete geskryf het; 12–21, Diegene wat deur die Gees verlig is bring vrugte voort van lof en wysheid; 22–44, Verskeie ouderlinge word benoem om uit te gaan en die evangelie te preek terwyl op reis na Missouri vir die konferensie.

1 Kyk, so sê die Here aan die ouderlinge wat Hy ageroep en gekies het in hierdie laaste dae, deur die stem van sy Gees—

2 En sê: Ek, die Here, sal aan julle bekendmaak wat Ek wil hê dat julle moet doen vanaf hierdie tyd tot die volgende konferensie, wat gehou sal word in Missouri, op die aland wat Ek sal btoewy aan my volk, wat ’n coorblyfsel is van Jakob, en diegene wat erfgename is volgens die dverbond.

3 Daarom, voorwaar, Ek sê vir julle, laat my diensknegte Joseph Smith, Jr., en Sidney Rigdon hulle reis so gou as moontlik onderneem so gou as wat voorbereidings getref kan word om hulle huise te verlaat, en te reis na die land Missouri.

4 En in soverre hulle getrou is aan My, sal dit aan hulle bekendgemaak word wat hulle sal doen;

5 En dit sal ook, in soverre hulle getrou is, aan hulle bekendgemaak word die aland van julle erfenis.

6 En in soverre hulle nie getrou is nie, sal hulle afgesny word, net soos Ek wil, soos Ek goeddink.

7 En verder, voorwaar, Ek sê vir julle, laat my dienskneg Lyman Wight en my dienskneg John Corrill hulle reis spoedig onderneem.

8 En ook my dienskneg John Murdock, en my dienskneg Hyrum Smith, hulle reis onderneem na dieselfde plek oor Detroit.

9 En laat hulle daarvandaan reis en die woord preek onderweg, en ageen ander dinge sê as dit wat die apostels en bprofete geskryf het nie, en dit wat hulle onderrig word deur die cTrooster deur die gebed van geloof.

10 Laat hulle atwee-twee gaan, en laat hulle so preek onderweg in elke gemeente, en doop deur bwater, en die oplegging van chande aan die waterkant.

11 Want so sê die Here. Ek sal my werk verkort in aregverdigheid, want die dae kom dat Ek oordeel sal uitstuur ter oorwinning.

12 En laat my dienskneg Lyman Wight waaksaam wees, want Satan begeer om hom te asif soos kaf.

13 En kyk, hy wat agetrou is sal heerser gemaak word oor vele dinge.

14 En verder, Ek sal aan julle ’n voorbeeld gee in alle dinge, sodat julle nie bedrieg mag word nie; want Satan gaan rond in die land, en hy gaan uit en bedrieg die nasies—

15 Daarom, hy wat bid, wie se gees aberouvol is, hy word deur My baanvaar as hy my cordinansies gehoorsaam.

16 Hy wat spreek, wie se gees berouvol is, wie se taal sagmoedig is en opbou, hy is van God as hy my ordinansies gehoorsaam.

17 En verder, hy wat bewe onder my mag, sal asterk gemaak word, en sal vrugte voortbring van lof en bwysheid, volgens die openbarings en waarhede wat Ek julle gegee het.

18 En verder, hy wat oorwin word en nie vrugte avoortbring nie, en wel volgens hierdie patroon, is nie van My nie.

19 Daarom, deur hierdie patroon sal julle die geeste aken in alle gevalle onder die ganse hemele.

20 En die dae het gekom; volgens die mense se geloof sal dit aan hulle agedoen word.

21 Kyk, hierdie gebod is gegee aan al die ouderlinge wat Ek gekies het.

22 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, laat my dienskneg aThomas B. Marsh en my dienskneg Ezra Thayre ook hulle reis onderneem, en die woord onderweg preek aan hierdie selfde land.

23 En verder, laat my dienskneg Isaac Morley en my dienskneg Ezra Booth hulle reis onderneem, en ook die woord onderweg preek aan hierdie selfde land.

24 En verder, laat my diensknegte aEdward Partridge en Martin Harris hulle reis onderneem saam met my diensknegte Sidney Rigdon en Joseph Smith, Jr.

25 Laat my dienskneg David Whitmer en my dienskneg Harvey Whitlock ook hulle reis onderneem, en onderweg preek aan hierdie selfde land.

26 Laat my dienskneg aParley P. Pratt en bOrson Pratt hulle reis onderneem, en onderweg preek, ja, aan hierdie selfde land.

27 En laat my diensknegte Solomon Hancock en Simeon Carter ook hulle reis onderneem na hierdie selfde land, en onderweg preek.

28 Laat my diensknegte Edson Fuller en Jacob Scott ook hulle reis onderneem.

29 Laat my diensknegte Levi W. Hancock en Zebedee Coltrin ook hulle reis onderneem.

30 Laat my diensknegte Reynolds Cahoon en Samuel H. Smith ook hulle reis onderneem.

31 Laat my diensknegte Wheeler Baldwin en William Carter ook hulle reis onderneem.

32 En laat my diensknegte aNewel Knight en Selah J. Griffin albei geordineer word, en ook hulle reis onderneem.

33 Ja, voorwaar Ek sê, laat al hierdie hulle reis onderneem na een plek, op hul verskeie weë, en een man sal nie op ’n ander se afondament bou nie, nóg reis op ’n ander se spoor.

34 Hy wat getrou is, hy sal beskerm word en geseën word met veel avrug.

35 En verder, Ek sê vir julle, laat my diensknegte Joseph Wakefield en Solomon Humphrey hulle reis onderneem na die oostelike streke.

36 Laat hulle arbei met hulle families, en niks anders averklaar behalwe die profete en apostels nie, dit wat hulle bgesien en gehoor het en vir seker cglo, dat die profesieë vervul mag word.

37 As gevolg van oortreding, laat dit wat gegee is aan Heman Basset van hom ageneem word, en geplaas word op die hoof van Simonds Ryder.

38 En verder, voorwaar, Ek sê vir julle, laat Jared Carter tot priester ageordineer word, en ook George James tot bpriester geordineer word.

39 Laat die oorblyfsel van die ouderlinge awaak oor die kerke, en die woord verklaar in die streke rondom hulle; en laat hulle arbei met hul eie hande sodat daar geen bafgodery nóg boosheid beoefen word.

40 En onthou in alle dinge die aarmes en die bbehoeftiges, die siekes en die geteisterdes, want hy wat nie hierdie dinge doen nie, hy is nie my dissipel nie.

41 En verder, laat my diensknegte Joseph Smith, Jr., en Sidney Rigdon en Edward Partridge saam met hulle ’n aaanbeveling neem van die kerk. En laat daar ook een verkry word vir my dienskneg Oliver Cowdery.

42 En dus, net soos Ek gesê het, as julle getrou is, sal julle julself versamel om julle te verbly in die land aMissouri, wat die land is van jul berfenis, wat nou die land is van jul vyande.

43 Maar, kyk, Ek, die Here, sal die stad verhaas in sy tyd, en Ek sal die getroues bekroon met ablydskap en vreugde.

44 Kyk, Ek is Jesus Christus, die Seun van God, en Ek sal hulle averhef op die laaste dag. Dit is so. Amen.