Skrifture
Leer en Verbonde 97


Afdeling 97

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 2 Augustus 1833. Hierdie openbaring handel spesifiek oor die sake van die Heiliges in Sion, Jackson-distrik, Missouri, in antwoord op die Profeet se navraag by die Here oor inligting. Lede van die Kerk in Missouri was op hierdie tydstip onderworpe aan hewige vervolging en was, op 23 Julie 1833, genoodsaak om ’n ooreenkoms te onderteken om die Jackson-distrik te verlaat.

1–2, Talle van die Heiliges in Sion (Jackson-distrik, Missouri) word geseën vanweë hulle getrouheid; 3–5, Parley P. Pratt word geprys vir sy arbeid in die skool in Sion; 6–9, Diegene wat hul verbonde onderhou, word aanvaar deur die Here; 10–17, ’n Huis moet gebou word in Sion waarin die reines van hart God sal sien; 18–21, Sion is die reines van hart; 22–28, Sion sal die Here se gésel ontwyk as sy getrou is.

1 Voorwaar Ek sê vir julle my vriende, Ek spreek met julle met my stem, naamlik die stem van my Gees, sodat Ek aan julle my wil mag toon aangaande julle broers in die land aSion, talle van wie waarlik nederig is en ywerig soek om wysheid te leer en om die waarheid te vind.

2 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, geseënd is diegene, want hulle sal verkry; want Ek, die Here, toon barmhartigheid aan al die asagmoediges, en teenoor almal wie Ek ook al wil, sodat Ek geregverdig mag wees wanneer Ek hulle tot oordeel sal bring.

3 Kyk, Ek sê vir julle, aangaande die askool in Sion, Ek, die Here, het ’n welbehae dat daar ’n skool in Sion moet wees, en ook met my dienskneg bParley P. Pratt, want hy bly in My.

4 En in soverre hy voortgaan om in My te bly, sal hy voortgaan om te presideer oor die skool in die land Sion totdat Ek aan hom ander gebooie sal gee.

5 En Ek sal hom seën met ’n menigvuldigheid van seëninge in die uitlegging van alle skrifture en verborgenhede ter opbouing van die skool, en van die kerk in Sion.

6 En aan die res van die skool, is Ek, die Here, gewillig om barmhartigheid te betoon; nietemin, daar is diegene wat noodwendig agetugtig moet word, en hulle werke sal bekendgemaak word.

7 Die abyl word teen die wortel van die bome gelê; en elke boom wat nie goeie bvrugte voortbring nie, sal afgekap word en in die vuur gewerp word. Ek, die Here, het dit gespreek.

8 Voorwaar, Ek sê vir julle, al diegene onder hulle wat hulle aharte ken is beerlik, en is gebroke, en hulle geeste verslae, en is cgewillig om hul verbonde te onderhou deur te doffer—ja, elke opoffering wat Ek, die Here, sal gebied—hulle word eontvang deur My.

9 Want Ek, die Here, sal hulle laat voortbring net soos ’n baie vrugbare boom wat geplant is in ’n goeie land, by ’n suiwer stroom, wat veel kosbare vrugte oplewer.

10 Voorwaar Ek sê vir julle, dat dit my wil is dat ’n ahuis gebou moet word vir My in die land Sion, volgens die bvoorbeeld wat Ek julle gegee het.

11 Ja, laat dit spoedig gebou word, deur die tiendeheffing van my volk.

12 Kyk, dit is die atiende en die offer wat Ek die Here, van hulle hande vereis, sodat daar ’n bhuis gebou mag word vir My vir die heil van Sion—

13 Vir ’n plek van adanksegging vir alle heiliges, en vir ’n plek van onderrig vir al diegene wat geroep word tot die werk van die bediening in al hulle onderskeie roepings en ampte.

14 Sodat hulle vervolmaak mag word in die abegrip van hulle bediening, in teorie, in beginsel, en in leer, in alle dinge betreffende die bkoninkryk van God op die aarde, die csleutels van welke koninkryk aan julle toegeken is.

15 En in soverre my volk ’n huis bou vir My in die Naam van die Here, en nie toelaat dat aenigiets onrein daar binnekom nie, dat dit nie verontreinig word nie, sal my bheerlikheid daarop heers;

16 Ja, en my ateenwoordigheid sal daar wees, want Ek sal daar ingaan, en al die breines van hart wat daar sal ingaan, sal God sien.

17 Maar indien dit verontreinig word, sal Ek nie daar ingaan nie, en my heerlikheid sal nie daar wees nie; want Ek sal nie in onheilige tempels ingaan nie.

18 En nou, kyk, indien Sion hierdie dinge doen, sal sy avoorspoedig wees, en haarself versprei en baie heerlik word, baie groot en baie vreeslik.

19 En die anasies van die aarde sal haar eer, en sal sê: Sekerlik is bSion die stad van ons God en sekerlik kan Sion nie val nie, nóg beweeg word uit haar plek, want God is daar, en die hand van die Here is daar;

20 En Hy het deur die krag van sy mag gesweer om haar redding en haar hoë atoring te wees.

21 Daarom, voorwaar, so sê die Here, laat Sion haar verbly, want dit is aSiondie reines van hart; daarom, laat Sion haar verbly, terwyl al die bose sal treur.

22 Want kyk, en sien, awraak kom spoediglik oor die goddelose soos die warrelwind; en wie sal dit ontkom?

23 Die Here se agésel sal deurtrek by dag en by nag, en die gerug daarvan sal alle volke verskrik; ja, dit sal nie teruggehou word tot die Here kom nie;

24 Want die verontwaardiging van die Here is ontvlam teen hulle gruwels en al hulle goddelose werke.

25 Nietemin, Sion sal aontvlug indien sy al die dinge onderhou wat Ek haar ook al gebied het.

26 Maar as sy dit nie onderhou wat Ek haar gebied het nie, sal Ek haar abesoek volgens al haar werke, met sware verdrukkings, met die bpes, met plae, met die swaard, met cwraak, met dverterende vuur.

27 Nietemin, laat dit hierdie een keer gelees word in haar ore, dat Ek, die Here, haar offerande aangeneem het; en indien sy nie meer sondig nie, sal ageen van hierdie dinge oor haar kom nie.

28 En Ek sal haar aseën met seëninge, en ’n menigvuldigheid van seëninge oor haar vermenigvuldig, en op haar nageslagte vir ewig en ewig, sê die Here julle God. Amen.