Skrifture
Leer en Verbonde 85


Afdeling 85

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 27 November 1832. Hierdie afdeling is ’n uittreksel uit ’n brief van die Profeet aan William W. Phelps wat in Independence, Missouri, gewoon het. Dit beantwoord vrae rondom daardie Heiliges wat na Sion verhuis het, maar wat nie die gebod gehoorsaam het om hulle besittings toe te wy nie en het dus nie hulle erfenisse ontvang volgens die vasgestelde orde van die kerk nie.

1–5, Erfenisse in Sion moet ontvang word deur toewyding; 6–12, Iemand magtig en sterk sal die Heiliges hulle erfenisse in Sion gee.

1 Dit is die plig van die Here se klerk, wat Hy aangestel het, om ’n geskiedenis by te hou, en ’n algemene akerkverslag van alle dinge wat plaasvind in Sion, en van al diegene wat besittings btoewy, en wettiglik erfenisse van die biskop ontvang;

2 En ook hulle leefwyse, hulle geloof, en werke; en ook van die afvalliges wat afval nadat hulle hul erfenisse ontvang het.

3 Dit is teenstrydig met die wil en gebod van God dat diegene wat nie hulle erfenis ontvang deur atoewyding, volgens sy wet, wat Hy gegee het nie, sodat hy sy volk btiendes kan laat betaal, om hulle voor te berei op die dag van cwraak en verbranding, hulle name opgeteken moet word saam met die volk van God.

4 Nog moet hulle geslagsregister gehou word, of gehou word waar dit gevind mag word in enige van die verslae of geskiedenis van die kerk.

5 Hulle name sal nie gevind word nie, nóg die name van die vaders, nóg die name van die kinders geskrywe in die aboek van die wet van God, sê die Here van die Leërskare.

6 Ja, so sê die stil, aklein stemmetjie, wat deur alle dinge fluister en bdring, en dikwels laat dit my gebeente bewe terwyl dit openbaar maak, en sê:

7 En dit sal gebeur dat Ek, die Here God, iemand magtig en sterk sal stuur, wat die septer van mag in sy hand hou, geklee met lig vir ’n bedekking, wie se mond woorde sal uiter, ewige woorde; terwyl sy binneste ’n fontein van waarheid sal wees, om die huis van God in orde te bring, en om deur die lot die erfenisse te reël van die heiliges wie se name gevind word, en die name van hulle vaders, en van hulle kinders, opgeteken in die boek van die wet van God.

8 Terwyl daardie man wat deur God geroep en aangestel is, wat sy hand uitsteek om die aark te verstewig, sal val deur die pyl van die dood, soos ’n boom wat getref word deur die helder pyl van die weerlig.

9 En al diegene wat nie gevind word in die agedenkboek nie sal geen erfenis vind op daardie dag nie, maar hulle sal in stukke gekap word, en hulle deel sal toegewys word aan hulle onder die ongelowiges, waar daar ’n bgeween en ’n gekners van tande is.

10 Hierdie dinge sê ek nie uit myself nie; daarom, soos die Here spreek, sal Hy ook vervul.

11 En hulle wat van die Hoëpriesterskap is, wie se name nie geskryf is in die aboek van die wet nie, of bevind word dat hulle bafgeval het, of cafgesny is van die kerk, sowel as die mindere priesterskap, of die lede, op daardie dag sal hulle nie ’n erfenis ontvang onder die heiliges van die Allerhoogste nie;

12 Daarom, dit sal gedoen word aan hulle soos met die kinders van die priester, soos gevind sal word in die tweede hoofstuk en een en twee en sestigste verse van Esra.