Afdeling 130
Onderrig gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Ramus, Illinois, 2Ā April 1843.
1ā3, Die Vader en die Seun mag persoonlik aan mense verskyn; 4ā7, Engele woon in ān selestiale sfeer; 8ā9, Die selestiale aarde sal ān groot Urim en Tummim wees; 10ā11, ān Wit steen word aan almal gegee wat die selestiale wĆŖreld binnegaan; 12ā17, Die tyd van die Tweede Koms word van die Profeet weerhou; 18ā19, Intelligensie verwerf in hierdie lewe, verrys met ons in die Opstanding; 20ā21, Alle seĆ«ninge kom deur gehoorsaamheid aan die wet; 22ā23, Die Vader en die Seun het liggame van vlees en been.
1 Wanneer die Saligmaker sal verskyn, sal ons Hom sien soos Hy is. Ons sal sien dat Hy ān man is soos onsself.
2 En daardie selfde gemeenskaplikheid wat hier onder ons bestaan, sal daar onder ons bestaan, behalwe dat dit gekoppel sal wees aan ewige heerlikheid, welke heerlikheid ons nie nou geniet nie.
3 Johannes 14:23āDie verskyning van die Vader en die Seun, in daardie vers, is ān persoonlike verskyning; en die idee dat die Vader en die Seun in ān mens se hart inwoon is ān ou sektariese opvatting, en is vals.
4 In antwoord op die vraagāIs die berekening van God se tyd, engele se tyd, die profete se tyd, en die mens se tyd nie volgens die planeet waarop hulle woon nie?
5 Ek antwoord, Ja. Maar daar is geen engele wat hierdie aarde bedien nie, behalwe diegene wat daaraan behoort of behoort het.
6 Die engele woon nie op ān planeet soos hierdie aarde nie;
7 Maar hulle woon in die teenwoordigheid van God, op ān aardbol soos ān see van glas en vuur, waar alle dinge vir hulle heerlikheid geopenbaar word, die verlede, huidige, en toekoms, en is voortdurend voor die Here.
8 Die plek waar God woon is ān groot Urim en Tummim.
9 Hierdie aarde, in haar geheiligde en onsterflike toestand, sal soos kristal gemaak word en sal ān Urim en Tummim wees vir die inwoners wat daarop woon, waardeur alle dinge betreffende ān minderwaardige koninkryk, of alle koninkryke van ān laer orde, geopenbaar sal word aan diegene wat daarop woon; en hierdie aarde sal Christus sān wees.
10 Dan sal die wit steen waarna verwys word in Openbaring 2:17, ān Urim en Tummim word vir elke individu wat een ontvang, waardeur alle dinge betreffende ān hoĆ«r orde van koninkryke bekendgemaak sal word;
11 En ān wit steen word gegee aan elkeen van diegene wat die selestiale koninkryk binnekom, waarop ān nuwe naam geskryf is, wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang. Die nuwe naam is die sleutelwoord.
12 Ek profeteer, in die Naam van die Here God, dat die aanvang van die probleme wat veel bloedvergieting sal veroorsaak voor die koms van die Seun van die Mens, in South Carolina sal wees.
13 Dit mag moontlik ontstaan as gevolg van die slawekwessie. Dit het ān stem aan my bekendgemaak terwyl Ek ernstig oor die saak gebid het, 25Ā Desember 1832.
14 Ek was eenkeer besig om baie ernstig te bid om die tyd van die koms van die Seun van die mens te wete te kom, toe Ek ān stem hoor wat die volgende herhaal:
15 Joseph, my seun, indien jy leef tot jy vyf en tagtig jaar oud is, sal jy die aangesig sien van die Seun van die Mens; daarom, laat dit genoeg wees, en hinder My nie meer oor hierdie saak nie.
16 Ek is so gelaat, sonder om te kan besluit of hierdie koms verwys het na die begin van die millennium of na een of ander vorige verskyning, of dat ek sou sterf en sodoende sy aangesig sien.
17 Ek glo dat die koms van die Seun van die Mens nie gouer as daardie tyd sal wees nie.
18 Watter vlak van intelligensie ons ook al in hierdie lewe bereik, sal met ons verrys in die opstanding.
19 En indien ān persoon meer kennis en intelligensie verwerf in hierdie lewe deur sy ywer en gehoorsaamheid as ān ander, sal hy soveel meer voordeel hĆŖ in die komende wĆŖreld.
20 Daar is ān wet, onherroeplik uitgevaardig in die hemel voor die grondlegging van die wĆŖreld, waarop alle seĆ«ninge gegrond isā
21 En wanneer ons enige seƫning van God ontvang, is dit deur gehoorsaamheid aan daardie wet waarop dit gegrond is.
22 Die Vader het ān liggaam van vlees en been so tasbaar soos die mens sān; die Seun ook; maar die Heilige Gees het nie ān liggaam van vlees en been nie, maar is ān persoon van Gees. Indien dit nie so was nie, sou die Heilige Gees nie in ons kon woon nie.
23 ān Mens mag die Heilige Gees ontvang, en dit mag op hom neerdaal en nie met hom vertoef nie.