Skrifture
Leer en Verbonde 113


Afdeling 113

Antwoorde op sekere vrae oor die geskrifte van Jesaja, gegee deur Joseph Smith die Profeet, te of naby Far West, Missouri, Maart 1838.

1–6, Die Stam van Isai, die loot wat daaruit voortkom, en die wortel van Isai word geïdentifiseer; 7–10, Die verstrooide oorblyfsels van Sion het ’n reg tot die priesterskap en word geroep om na die Here terug te keer.

1 Wie is die Stam van aIsai waarvan gespreek word in die 1ste, 2de, 3de, 4de en 5de verse van die 11de hoofstuk van Jesaja?

2 Voorwaar so sê die Here: Dit is Christus.

3 Wat is die loot waarvan gespreek word in die eerste vers van die 11de hoofstuk van Jesaja, wat uit die Stam van Isai sou kom?

4 Kyk so sê die Here: Dit is ’n dienskneg in die hande van Christus, wat gedeeltelik ’n afstammeling is van Isai sowel as aEfraim, of die huis van Josef, op wie daar veel bmag geplaas is.

5 Wat is die wortel van Isai waarvan gespreek word in die 10de vers van die 11de hoofstuk?

6 Kyk, so sê die Here, dit is ’n afstammeling van Isai, sowel as van Josef, aan wie die priesterskap regtens behoort, en die asleutels van die koninkryk, vir ’n bvaandel, en vir die cversameling van my volk in die laaste dae.

7 Vrae deur Elias Higbee: Wat word bedoel met die gebod in Jesaja, 52ste hoofstuk, 1ste vers, wat lui: Beklee jou met sterkte, o Sion—en na watter volk het Jesaja verwys?

8 Hy het verwys na diegene wat God sal roep in die laaste dae, wat die mag van die priesterskap sal hou om aSion weer te vestig, en die verlossing van Israel; en om haar te beklee met bsterkte is om die gesag van die priesterskap op te neem, waarop sy, Sion ’n creg het volgens afstamming; ook om terug te keer na daardie mag wat sy verloor het.

9 Wat moet ons verstaan onder Sion wat haarself moet losmaak van die bande aan haar hals; 2de vers?

10 Ons moet verstaan dat die averstrooide oorblyfsels vermaan word om terug te bkeer na die Here van waar hulle geval het; indien hulle dit doen, is die belofte van die Here dat hy met hulle sal spreek, of hulle openbaring gee. Sien die 6de, 7de, en 8ste verse. Die bande om haar hals is die vervloekinge van God op haar, of die oorblyfsels van Israel in hulle verstrooide toestand onder die nie-Jode.