Skrifture
Leer en Verbonde 9


Afdeling 9

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Oliver Cowdery, te Harmony, Pennsilvanië, April 1829. Oliver word vermaan om geduldig te wees en word aangespoor om tevrede te wees om, vir die huidige, te skryf wat die vertaler dikteer, eerder as om te probeer om te vertaal.

1–6, Ander antieke kronieke moet nog vertaal word; 7–14, Die Boek van Mormon word vertaal deur studie en deur geestelike bevestiging.

1 Kyk, Ek sê vir jou, my seun, dat omdat jy nie avertaal het ooreenkomstig dit wat jy van My begeer het nie, en weer begin het om te bskryf vir my dienskneg, Joseph Smith, Jr., daarom wil Ek dat jy moet voortgaan totdat jy hierdie kroniek voltooi het, wat Ek toevertrou het aan hom.

2 En dan, kyk, Ek het aander bkronieke, waarvoor Ek jou krag sal gee dat jy mag help om te vertaal.

3 Wees geduldig, my seun, want dit is wysheid in My, en dit is nie raadsaam dat jy op die huidige tydstip moet vertaal nie.

4 Kyk, die werk wat jy geroep is om te doen is om te skryf vir my dienskneg Joseph.

5 En, kyk, dit is omdat jy nie aangehou het soos jy begin het nie, toe jy begin vertaal het, dat Ek hierdie voorreg weggeneem het van jou.

6 Moenie amurmureer nie, my seun, want dit is wysheid in My dat Ek jou behandel het op hierdie wyse.

7 Kyk, jy het nie verstaan nie; jy het veronderstel dat Ek dit aan jou sou gee, toe jy nie nagedink het nie, behalwe om My te vra.

8 Maar, kyk, Ek sê vir jou, dat jy dit moet aoordink in jou verstand; dan moet jy My bvra of dit reg is, en as dit reg is, sal Ek jou cboesem laat dbrand in jou; daarom sal jy evoel dat dit reg is.

9 Maar as dit nie reg is nie, sal jy geen sulke gevoelens hê nie, maar jy sal ’n averwarring van denke hê wat jou die ding sal laat vergeet wat verkeerd is; daarom, jy kan nie dit skryf wat heilig is nie tensy dit jou gegee word van My.

10 Nou, as jy dit geweet het kon jy avertaal het; nietemin, dit is nie raadsaam dat jy nou moet vertaal nie.

11 Kyk, dit was raadsaam toe jy begin het, maar jy awas bevrees; en die tyd is verby, en dit is nie nou raadsaam nie;

12 Want, sien jy nie dat Ek genoegsame krag aan my dienskneg aJoseph gegee het, waardeur dit opgemaak is? En Ek het geeneen van julle veroordeel nie.

13 Doen hierdie ding wat Ek jou gebied het, en jy sal voorspoedig wees. Wees getrou, en gee nie toe aan enige aversoeking nie.

14 Staan vas in die awerk waartoe Ek jou bgeroep het, en ’n haar van jou hoof sal nie verlore gaan nie, en jy sal cverhef word op die laaste dag. Amen.