Skrifture
Leer en Verbonde 9


Afdeling 9

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Oliver Cowdery, te Harmony, Pennsilvanië, April 1829. Oliver word vermaan om geduldig te wees en word aangespoor om tevrede te wees om, vir die huidige, te skryf wat die vertaler dikteer, eerder as om te probeer om te vertaal.

1–6, Ander antieke kronieke moet nog vertaal word; 7–14, Die Boek van Mormon word vertaal deur studie en deur geestelike bevestiging.

1 Kyk, Ek sê vir jou, my seun, dat omdat jy nie vertaal het ooreenkomstig dit wat jy van My begeer het nie, en weer begin het om te skryf vir my dienskneg, Joseph Smith, Jr., daarom wil Ek dat jy moet voortgaan totdat jy hierdie kroniek voltooi het, wat Ek toevertrou het aan hom.

2 En dan, kyk, Ek het ander kronieke, waarvoor Ek jou krag sal gee dat jy mag help om te vertaal.

3 Wees geduldig, my seun, want dit is wysheid in My, en dit is nie raadsaam dat jy op die huidige tydstip moet vertaal nie.

4 Kyk, die werk wat jy geroep is om te doen is om te skryf vir my dienskneg Joseph.

5 En, kyk, dit is omdat jy nie aangehou het soos jy begin het nie, toe jy begin vertaal het, dat Ek hierdie voorreg weggeneem het van jou.

6 Moenie murmureer nie, my seun, want dit is wysheid in My dat Ek jou behandel het op hierdie wyse.

7 Kyk, jy het nie verstaan nie; jy het veronderstel dat Ek dit aan jou sou gee, toe jy nie nagedink het nie, behalwe om My te vra.

8 Maar, kyk, Ek sê vir jou, dat jy dit moet oordink in jou verstand; dan moet jy My vra of dit reg is, en as dit reg is, sal Ek jou boesem laat brand in jou; daarom sal jy voel dat dit reg is.

9 Maar as dit nie reg is nie, sal jy geen sulke gevoelens hê nie, maar jy sal ’n verwarring van denke hê wat jou die ding sal laat vergeet wat verkeerd is; daarom, jy kan nie dit skryf wat heilig is nie tensy dit jou gegee word van My.

10 Nou, as jy dit geweet het kon jy vertaal het; nietemin, dit is nie raadsaam dat jy nou moet vertaal nie.

11 Kyk, dit was raadsaam toe jy begin het, maar jy was bevrees; en die tyd is verby, en dit is nie nou raadsaam nie;

12 Want, sien jy nie dat Ek genoegsame krag aan my dienskneg Joseph gegee het, waardeur dit opgemaak is? En Ek het geeneen van julle veroordeel nie.

13 Doen hierdie ding wat Ek jou gebied het, en jy sal voorspoedig wees. Wees getrou, en gee nie toe aan enige versoeking nie.

14 Staan vas in die werk waartoe Ek jou geroep het, en ’n haar van jou hoof sal nie verlore gaan nie, en jy sal verhef word op die laaste dag. Amen.