Skrifture
Leer en Verbonde 86


Afdeling 86

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 6 Desember 1832. Hierdie openbaring is ontvang terwyl die Profeet besig was om die manuskrip van die vertaling van die Bybel te hersien en te redigeer.

1–7, Die Here gee die betekenis van die gelykenis van die koring en die onkruid; 8–11, Hy verduidelik priesterskapseëninge wat gegee word aan diegene wat wettige erfgename volgens die vlees is.

1 Voorwaar, so sê die Here aan julle my diensknegte, aangaande die agelykenis van die koring en die onkruid:

2 Kyk, voorwaar, Ek sê, die veld was die wêreld, en die apostels was die saaiers van die saad;

3 En nadat hulle aan die slaap geraak het, het die groot vervolger van die kerk, die afvallige, die hoer, naamlik aBabilon, wat alle nasies laat drink uit haar beker, in wie se harte die vyand, naamlik Satan, sit om te heers—kyk, hy saai die onkruid; daarom, die onkruid verstik die koring en dryf die bkerk die wildernis in.

4 Maar kyk, in die alaaste dae, selfs nou terwyl die Here begin om die woord uit te bring, en die blaartjie opskiet en nog sag is—

5 Kyk, voorwaar Ek sê vir julle, die aengele roep tot die Here dag en nag, wat gereed is en wag om uitgestuur te word om die velde af te boes;

6 Maar die Here sê vir hulle, moenie die onkruid uittrek terwyl die blaartjie nog sag is nie (want voorwaar julle geloof is swak), sodat julle nie die koring ook vernietig nie.

7 Daarom, laat die koring en die onkruid saam groei totdat die oes heeltemal ryp is; dan sal julle eers die koring tussen die onkruid insamel, en na die insameling van die koring, kyk en sien, die onkruid word gebind in bondels, en die veld bly oor om gebrand te word.

8 Daarom, so sê die Here vir julle, deur wie die apriesterskap voortgeduur het deur die lyn van julle vaders—

9 Want julle is wettige aerfgename, volgens die vlees, en is bverborge van die wêreld met Christus in God—

10 Daarom, julle lewens en die priesterskap het voortgeduur, en moet noodwendig deur julle en julle lyn voortduur tot die aherstelling van alle dinge gespreek by monde van al die heilige profete sedert die wêreld begin het.

11 Daarom, geseënd is julle as julle voortgaan in my goedheid, ’n alig vir die nie-Jode, en deur hierdie priesterskap, ’n redder vir my volk bIsrael. Die Here het dit gesê. Amen.