Skrifture
Leer en Verbonde 31


Afdeling 31

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Thomas B. Marsh, September 1830. Die geleentheid was onmiddellik ná ’n konferensie van die Kerk (sien die opskrif van afdeling 30). Thomas B. Marsh is vroeër in die maand gedoop en is geordineer as ’n ouderling in die Kerk voor hierdie openbaring gegee is.

1–6, Thomas B. Marsh word geroep om die evangelie te predik en word verseker van sy familie se welstand; 7–13, Hy word aangeraai om geduldig te wees, altyd te bid, en om die Trooster te gehoorsaam.

1 aThomas, my seun, geseënd is jy vanweë jou geloof in my werk.

2 Kyk, jy het baie verdrukkings gehad vanweë jou familie; nietemin, Ek sal jou seën en jou familie, ja jou kindertjies; en die dag kom dat hulle sal glo en die waarheid ken en een wees met jou in my kerk.

3 Hef op jou hart en verbly jou, want die uur van jou sending het gekom; en jou tong sal losgemaak word, en jy sal ablye tydings van groot blydskap verkondig aan hierdie geslag.

4 Jy sal die dinge averkondig wat geopenbaar is aan my dienskneg Joseph Smith, Jr. Jy sal begin om te preek van nou af, ja om te oes in die veld wat bwit is, gereed om verbrand te word.

5 Daarom, asteek in jou sekel met jou hele siel, en jou sondes word jou bvergewe, en jy sal belaai word met cgerwe op jou rug, want die darbeider is sy loon werd. Daarom, jou familie sal lewe.

6 Kyk, voorwaar, Ek sê vir jou, verlaat hulle slegs vir ’n kort tydjie, en verkondig my woord, en Ek sal ’n plek vir hulle berei.

7 Ja, Ek sal die harte van die mense aopen, en hulle sal jou ontvang. En Ek sal ’n kerk vestig deur jou hand.

8 En jy sal hulle aversterk en hulle voorberei vir die tyd wanneer hulle versamel sal word.

9 Wees ageduldig in bverdrukking, vaar nie uit teen diegene wat uitvaar nie. Beheer jou chuis met sagmoedigheid en wees standvastig.

10 Kyk, Ek sê vir jou dat jy ’n geneesheer sal wees vir die kerk, maar nie vir die wêreld nie, want hulle sal jou nie ontvang nie.

11 Gaan op jou pad waarheen Ek ook al wil, en dit sal jou deur die aTrooster gegee word wat jy sal doen en waarheen jy sal gaan.

12 aBid altyd, sodat jy nie in bversoeking kom nie en jou loon verbeur nie.

13 Wees agetrou tot die einde, en sien, Ek is bmet jou. Hierdie woorde is nie van ’n mens of mense nie, maar van My, naamlik Jesus Christus, jou Verlosser, deur die cwil van die Vader. Amen.