Skrifture
Leer en Verbonde 26


Afdeling 26

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, Oliver Cowdery, en John Whitmer, te Harmony, Pennsilvanië, Julie 1830 (sien die opskrif van afdeling 24).

1, Hulle word opdrag gegee om die skrifture te bestudeer en om te preek; 2, Die wet van algemene instemming word bevestig.

1 Kyk, Ek sê vir julle dat julle jul tyd sal toewy aan die astudie van die skrifture, en aan prediking, en aan die bevestiging van die kerk te bColesville, en aan die uitvoering van julle arbeid op die lande, soos dit nodig is, tot nadat julle na die weste sal gaan om die volgende konferensie te hou; en dan sal dit aan julle bekendgemaak word wat julle sal doen.

2 Want alle dinge sal gedoen word deur aalgemene instemming in die kerk, deur veel gebed en geloof, want alle dinge sal julle deur geloof ontvang. Amen.