Skrifture
Leer en Verbonde 94


Afdeling 94

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 2 Augustus 1833. Hyrum Smith, Reynolds Cahoon, en Jared Carter word aangestel as ’n Kerkboukomitee.

1–9, Die Here gee ’n gebod met betrekking tot die oprigting van ’n huis vir die werk van die Presidensie; 10–12, ’n Drukkery moet gebou word; 13–17, Sekere erfenisse word toegewys.

1 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, my avriende, ’n gebod gee Ek aan julle, dat julle ’n werk sal begin van die uitlê en voorbereiding vir ’n begin en die fondament van die stad van die bpen van Sion, hier in die land Kirtland, beginnende by my huis.

2 En kyk, dit moet gedoen word ooreenkomstig die apatroon wat Ek aan julle gegee het.

3 En laat die eerste perseel aan die suidekant toegewy word aan My vir die bou van ’n huis vir die presidensie, vir die werk van die presidensie, om openbarings te verkry; en vir die werk van die bediening van die apresidensie, in alle dinge betreffende die kerk en koninkryk.

4 Voorwaar Ek sê vir julle dat dit vyf en vyftig by vyf en sestig voet gebou sal word in die breedte daarvan en in die lengte daarvan, in die binnehof.

5 En daar sal ’n laer saal en ’n hoër saal wees, ooreenkomstig die patroon wat hierna aan julle gegee sal word.

6 En dit sal toegewy word aan die Here vanaf die fondament daarvan, volgens die orde van die priesterskap, volgens die patroon wat hierna aan julle gegee sal word.

7 En dit sal geheel toegewy word aan die Here vir die werk van die presidensie.

8 En julle sal nie enige aonrein ding toelaat om dit binne te kom nie; en my bheerlikheid sal daar wees, en my teenwoordigheid sal daar wees.

9 Maar indien aiets onrein daar binnegaan, sal my heerlikheid nie daar wees nie; en my teenwoordigheid sal dit nie binnekom nie.

10 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, die tweede perseel aan die suidekant sal toegewy word aan My vir die bou vir ’n huis vir My, vir die werk van die adruk van die bvertaling van my skrifture, en alle dinge wat ook al Ek julle sal gebied.

11 En dit sal vyf en vyftig by vyf en sestig voet wees in die wydte daarvan en die lengte daarvan, in die binnehof; en daar sal ’n laer en ’n hoër saal wees.

12 En hierdie huis sal geheel toegewy word aan die Here vanaf die fondament daarvan, vir die drukwerk, in alle dinge wat Ek ook al julle sal gebied, om heilig te wees, onbevlek, volgens die patroon in alle dinge soos dit aan julle gegee sal word.

13 En op die derde perseel sal my dienskneg Hyrum Smith sy erfenis ontvang.

14 En op die eerste en tweede persele aan die noordekant sal my diensknegte Reynolds Cahoon en Jared Carter hulle erfenisse ontvang—

15 Sodat hulle die werk mag doen wat Ek aan hulle gegee het om ’n komitee te wees om my huise te bou, volgens die gebod wat Ek die Here God, aan julle gegee het.

16 Hierdie twee huise moet nie gebou word totdat Ek aan julle ’n gebod gee aangaande hulle nie.

17 En nou gee Ek niks meer aan julle op hierdie tydstip nie. Amen.