Skrifture
Leer en Verbonde 28


Afdeling 28

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Oliver Cowdery, te Fayette, New York, September 1830. Hiram Page, ’n lid van die Kerk, het ’n sekere klip gehad en voorgegee om openbarings deur middel daarvan te ontvang aangaande die opbou van Sion en die orde van die Kerk. Verskeie lede was bedrieg deur hierdie bewerings, en selfs Oliver Cowdery is verkeerdelik daardeur beïnvloed. Net voor ’n voorafgereëlde konferensie, het die Profeet ernstig navraag gedoen by die Here aangaande die saak, en hierdie openbaring het gevolg.

1–7, Joseph Smith hou die sleutels van die verborgenhede, en slegs hy ontvang openbarings vir die Kerk; 8–10, Oliver Cowdery moet vir die Lamaniete preek; 11–16, Satan het Hiram Page bedrieg en hom valse openbarings gegee.

1 Kyk, Ek sê vir jou, aOliver, dat dit aan jou gegee sal word dat jy gehoor sal word deur die kerk in alle dinge wat jy hulle ook al sal bleer deur die cTrooster, aangaande die openbarings en gebooie wat Ek gegee het.

2 Maar, kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, aniemand sal aangestel word om gebooie en openbarings te ontvang in hierdie kerk nie behalwe my dienskneg bJoseph Smith, Jr., want hy ontvang hulle net soos Moses.

3 En jy moet gehoorsaam wees aan die dinge wat Ek aan hom sal gee, net soos aAäron, om getrou die gebooie en die openbarings, met krag en bgesag aan die kerk te verkondig.

4 En as jy gelei word op enige tydstip deur die Trooster om te aspreek of te leer, of te alle tye deur middel van gebooie aan die kerk, mag jy dit doen.

5 Maar jy sal nie skryf by wyse van gebod nie, maar deur wysheid;

6 En jy sal hom nie gebied wat aan jou hoof is, en aan die hoof van die kerk nie;

7 Want Ek het hom die asleutels gegee van die bverborgenhede, en die openbarings wat verseël is, totdat Ek vir hulle iemand anders aanstel in sy plek.

8 En nou, kyk, Ek sê vir jou dat jy na die aLamaniete sal gaan en my bevangelie predik aan hulle; en in soverre hulle jou leringe ontvang, sal jy my kerk laat vestig onder hulle; en jy sal openbarings hê, maar moet hulle nie skryf by wyse van gebod nie.

9 En nou, kyk, Ek sê vir jou dat dit nie geopenbaar is nie, en geen mens weet waar die astad bSion gebou sal word nie, maar dit sal hierna gegee word. Kyk, Ek sê vir jou dat dit sal wees op die grense by die Lamaniete.

10 Jy sal nie hierdie plek verlaat tot na die konferensie nie; en my dienskneg Joseph sal aangestel word om te presideer oor die konferensie deur die stem daarvan, en wat hy vir jou sê, sal jy bekendmaak.

11 En weer, jy sal jou broer, Hiram Page neem, atussen jou en hom alleen, en aan hom bekendmaak dat daardie dinge wat hy geskryf het deur middel van daardie klip nie van My is nie en dat bSatan hom cbedrieg het.

12 Want, kyk, hierdie dinge is nie aan hom toegewys nie, nóg sal enigiets aan enigeen van hierdie kerk toegewys word teenstrydig met die kerkverbonde.

13 Want alle dinge moet ordelik gedoen word, en deur aalgemene instemming in die kerk, deur die gebed van geloof.

14 En jy sal help om al hierdie dinge op te los, ooreenkomstig die verbonde van die kerk, voordat jy jou reis onder die Lamaniete onderneem.

15 En dit sal aan jou agegee word vanaf die tyd wat jy sal vertrek, tot die tyd wat jy sal terugkeer, wat jy moet doen.

16 En jy moet jou mond open ten alle tye, en my evangelie verkondig met die klank van vreugde. Amen.