Skrifture
Leer en Verbonde 40


Afdeling 40

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet en Sidney Rigdon, te Fayette, New York, 6 Januarie 1831. As voorwoord tot die verslag van hierdie openbaring, verklaar die Profeet se geskiedenis, “Aangesien James [Covel] die woord van die Here verwerp het, en teruggekeer het na sy voormalige beginsels en mense, het die Here aan my en Sidney Rigdon die volgende openbaring gegee” (sien afdeling 39).

1–3, Vrees vir vervolging en die sorge van die wêreld veroorsaak verwerping van die evangelie.

1 Kyk, voorwaar, Ek sê vir julle, dat die hart van my dienskneg aJames Covel reg was voor My, want hy het ’n verbond gesluit met My dat hy my woord sou gehoorsaam.

2 En hy het die woord met blydskap aontvang, maar dadelik het Satan hom versoek; en die vrees vir bvervolging en die sorge van die wêreld het veroorsaak dat hy die woord cverwerp het.

3 Daarom het hy my verbond verbreek, en dit berus by My om te doen met hom soos Ek goeddink. Amen.