Skrifture
Leer en Verbonde 23


Afdeling 23

’n Reeks van vyf openbarings gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Manchester, New York, April 1830, aan Oliver Cowdery, Hyrum Smith, Samuel H. Smith, Joseph Smith Snr. en Joseph Knight Snr. As die gevolg van ’n opregte begeerte van die genoemde vyf persone om te weet van hul onderskeie pligte, het die Profeet by die Here navraag gedoen en ’n openbaring vir elke persoon ontvang.

1–7, Hierdie eerste dissipels word geroep om te preek, vermaan, en die kerk te versterk.

1 Kyk, Ek spreek tot jou, Oliver, ’n paar woorde. Kyk, jy is geseënd, en is onder geen veroordeling nie. Maar waak teen ahoogmoed, sodat jy nie in bversoeking kom nie.

2 Maak jou roeping bekend aan die kerk, en ook voor die wêreld, en jou hart sal geopen word om die waarheid te preek van nou af en vir ewig. Amen.

3 Kyk, Ek spreek tot jou, Hyrum, ’n paar woorde; want jy is ook onder geen veroordeling nie, en jou hart is geopen, en jou tong losgemaak; en jou roeping is om te vermaan, en om die kerk voortdurend te aversterk. Daarom, jou plig is tot die kerk vir ewig, en dit vanweë jou familie. Amen.

4 Kyk, Ek spreek ’n paar woorde tot jou, aSamuel; want jy is ook onder geen veroordeling nie, en jou roeping is ook tot vermaning, en om die kerk te versterk; en jy is nog nie geroep om vir die wêreld te preek nie. Amen.

5 Kyk, Ek spreek ’n paar woorde tot jou, Joseph; want jy is ook onder geen veroordeling nie, en jou roeping is ook tot vermaning, en om die kerk te versterk; en dit is jou plig van nou af en vir ewig. Amen.

6 Kyk, Ek openbaar aan jou, Joseph Knight, deur hierdie woorde, dat jy jou akruis moet opneem, daarin dat jy bhardop moet cbid voor die wêreld asook in die geheim, en in jou familie, en onder jou vriende, en in alle plekke.

7 En kyk, dit is jou plig om te averenig met die ware kerk, en laat jou taal voortdurend tot vermaning wees, sodat jy die loon van die arbeider mag ontvang. Amen.