Skrifture
Leer en Verbonde 86


Afdeling 86

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 6Ā Desember 1832. Hierdie openbaring is ontvang terwyl die Profeet besig was om die manuskrip van die vertaling van die Bybel te hersien en te redigeer.

1ā€“7, Die Here gee die betekenis van die gelykenis van die koring en die onkruid; 8ā€“11, Hy verduidelik priesterskapseĆ«ninge wat gegee word aan diegene wat wettige erfgename volgens die vlees is.

1 Voorwaar, so sĆŖ die Here aan julle my diensknegte, aangaande die gelykenis van die koring en die onkruid:

2 Kyk, voorwaar, Ek sĆŖ, die veld was die wĆŖreld, en die apostels was die saaiers van die saad;

3 En nadat hulle aan die slaap geraak het, het die groot vervolger van die kerk, die afvallige, die hoer, naamlik Babilon, wat alle nasies laat drink uit haar beker, in wie se harte die vyand, naamlik Satan, sit om te heersā€”kyk, hy saai die onkruid; daarom, die onkruid verstik die koring en dryf die kerk die wildernis in.

4 Maar kyk, in die laaste dae, selfs nou terwyl die Here begin om die woord uit te bring, en die blaartjie opskiet en nog sag isā€”

5 Kyk, voorwaar Ek sĆŖ vir julle, die engele roep tot die Here dag en nag, wat gereed is en wag om uitgestuur te word om die velde af te oes;

6 Maar die Here sĆŖ vir hulle, moenie die onkruid uittrek terwyl die blaartjie nog sag is nie (want voorwaar julle geloof is swak), sodat julle nie die koring ook vernietig nie.

7 Daarom, laat die koring en die onkruid saam groei totdat die oes heeltemal ryp is; dan sal julle eers die koring tussen die onkruid insamel, en na die insameling van die koring, kyk en sien, die onkruid word gebind in bondels, en die veld bly oor om gebrand te word.

8 Daarom, so sĆŖ die Here vir julle, deur wie die priesterskap voortgeduur het deur die lyn van julle vadersā€”

9 Want julle is wettige erfgename, volgens die vlees, en is verborge van die wĆŖreld met Christus in Godā€”

10 Daarom, julle lewens en die priesterskap het voortgeduur, en moet noodwendig deur julle en julle lyn voortduur tot die herstelling van alle dinge gespreek by monde van al die heilige profete sedert die wĆŖreld begin het.

11 Daarom, geseĆ«nd is julle as julle voortgaan in my goedheid, ā€™n lig vir die nie-Jode, en deur hierdie priesterskap, ā€™n redder vir my volk Israel. Die Here het dit gesĆŖ. Amen.