Skrifture
Leer en Verbonde 47


Afdeling 47

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 8 Maart 1831. John Whitmer, wat alreeds gedien het as ’n klerk vir die Profeet, het aanvanklik gehuiwer toe hy gevra is om te dien as die Kerkhistorikus en verslaghouer om Oliver Cowdery te vervang. Hy skryf, “Ek sou dit eerder nie wou doen nie maar het besef dat die Here se wil moes geskied, en as Hy dit verlang het, verlang ek dat Hy dit sal openbaar deur Joseph die Siener.” Nadat Joseph Smith hierdie openbaring ontvang het, het John Whitmer aanvaar en gedien in sy aangewese amp.

1–4, John Whitmer word aangewys om die geskiedenis van die Kerk by te hou en te skryf vir die Profeet.

1 Kyk, dit is raadsaam in My dat my dienskneg John moet skryf en ’n gereelde geskiedenis byhou, en jou bystaan, my dienskneg Joseph om alle dinge wat jou gegee sal word oor te skryf, totdat hy geroep word tot verdere pligte.

2 Verder, voorwaar Ek sê vir jou dat hy ook sy stem mag verhef in vergaderings, wanneer dit ook al raadsaam is.

3 En verder, Ek sê vir jou dat hy aangestel sal word om die kerkverslag en geskiedenis voortdurend by te hou; want Ek het Oliver Cowdery aangestel in ’n ander amp.

4 Daarom, dit sal aan hom gegee word, in soverre hy getrou is, deur die Trooster, om hierdie dinge te skryf. Dit is so. Amen.