Scripture Stories
Woorde om te Ken


Woorde om te Ken

a

aanbid

om ʼn persoon of iets te volg of vereer

aansluit

om deel van ʼn groep te word

afgod

iets wat mense aanbid wat nie van God afkomstig is nie

altaar

ʼn heilige, verhewe plek van grond of klippe waarop gebede gelewer is of offerandes aan God geoffer word

Beeld
altaar

altaar

b

bekeer

om jammer te voel vir ʼn aksie of gedagte en ʼn belofte om dit nie weer te herhaal nie

belofte

ʼn waarborg of verpligting om iets te doen of om iets te wees

bid

om met God te praat, om dank te betuig en om vir seëninge te vra

blind

kan nie sien nie

boog

ʼn lang stok met ʼn tou wat aan elke kant vasgeheg is wat gebruik word om pyle te skiet

Beeld
boog

boog

boom van lewe

ʼn boom in Lehi se droom wat God se liefde voorstel

boosaardig, boos

iets wat sleg is

boot

ʼn groot skip wat gebruik word om mense en voorraad te vervoer

Beeld
boot

boot

bou

om iets te maak of op te rig

bronsplate

ʼn rekord van God se gebooie en handelinge met Lehi se voorouers

Beeld
bronsplate

bronsplate

d

dapper

om te weet wat reg is en dit te verdedig

diensknegte

mense wat vir iemand soos ʼn koning werk of hulle dien

dissipel

ʼn persoon wat Jesus Christus volg en altyd probeer om soos Hy te wees

doof

kan nie hoor nie

doop

ʼn Ordinansie waartydens ʼn persoon met magtiging van God ʼn ander persoon heeltemal onder die water dompel en die persoon dan weer uitlig. Die doop is ʼn vereiste om ʼn lid van Jesus Christus se Kerk te word.

Beeld
doop

doop

dronk

verlies van beheer wanneer ʼn persoon te veel alkohol gedrink het

droom

ʼn storie wat in ʼn persoon se gedagtes afspeel terwyl hy of sy slaap

e

engel

ʼn boodskapper van God

evangelie

die leerstellings van Jesus Christus

ewige lewe

om vir ewig saam met God te leef

g

gebod

iets wat God sy mense vertel om te doen sodat hulle gelukkig kan wees

gehoorsaamheid

om te doen wat gevra of beveel word

geloof

om in Jesus Christus te glo

genees

om ʼn siek of beseerde mens weer beter te maak of te heel

getrou

om aan te hou om die gebooie te onderhou

getuienis

ʼn gevoel of wete dat die evangelie waar is

gevangenis

ʼn plek wat gebruik word om mense aan te hou wat ʼn misdaad gepleeg het

gevul met die Heilige Gees

wanneer die Heilige Gees ʼn persoon in sy gedagtes en hart vertel wat waar is

glo

om te voel of weet dat iets reg is

goddeloos of boosaardig

iets wat nie van God afkomstig is nie. ʼn Goddelose mens is lief vir Satan en onderhou nie God se gebooie nie.

goeie nuus

boodskappe van hoop en vertroosting vanaf God gestuur

goue plate

ʼn rekord wat op dun, goue plate geskryf is. Moroni het hulle in die Cumora-heuwel begrawe, en Joseph Smith het hulle later opgegrawe.

Beeld
goue plate

goue plate

Groot Gees

die Lamanitiese naam vir God

h

hemel

die plek waar Jesus Christus en Hemelse Vader lewe

hongersnood

ʼn tekort aan kos omdat daar geen reën val en geen oeste kan groei nie

k

kaptein

ʼn leier van ʼn leër

knuppel

ʼn wapen wat gebruik word om diere en mense mee te slaan

Beeld
knuppel

knuppel

koning

ʼn leier oor ʼn groep mense

kruisig

om iemand dood te maak deur hulle aan ʼn kruis vas te spyker

l

leër

ʼn groep soldate wat gereed is om te veg

leier

ʼn persoon wat ʼn groep mense lei

Liahona

ʼn bronsbal wat God aan Lehi se familie gegee het om hulle die pad in die wildernis aan te wys. Dit het net gewerk wanneer Lehi se familie regverdig was.

Beeld
Liahona

Liahona

lid

ʼn persoon wat deel is van ʼn Kerk of ʼn groep

m

mag

ʼn mag van goed of kwaad, dikwels spesiale hulp of krag van God af

mantel

ʼn lang, vloeiende kledingstuk

n

nagmaal

ʼn ordinansie waartydens mans wat die priesterskap hou, brood en water seën en dit aan ander mense bedien. Die nagmaal herinner mense aan Jesus Christus.

nederig

om onderrigbaar te wees en om te probeer om God se wil te doen

o

ontsnap

om weg te kom van ʼn persoon af

oorlog

ʼn veldslag tussen vyande of vyandige leërs

opoffering

om iets van waarde op te gee vir God

opwek

om iemand of iets weer lewendig te maak

ordinansie

ʼn heilige plegtigheid of daad wat geestelike betekenis het, soos byvoorbeeld die doop of die nagmaal

ordineer

om priesterskapmag en gesag toe te ken

Beeld
ordineer

ordineer

p

plate

dun plate van metaal waarop mense die leerstellings van God en die geskiedenis van volke geskryf het

Beeld
plate

plate

priesterskap

die gesag om in God se naam op te tree

profeet

ʼn persoon wat deur God geroep is om vir mense te sê wat God se wil is

profeteer

om ʼn gebeurtenis te beskryf voordat dit gebeur

pyl

ʼn wapen met ʼn skerp punt wat tydens jag of oorlog gebruik word

Beeld
pyl

pyl

r

rebelleer

om die gebooie te verbreek of om daarteen te gaan

regter

ʼn leier wat besluit wat die wette beteken of hoe mense hulle moet onderhou

regterstoel

ʼn posisie in die Nefitiese regering wat die hoofregter beklee het

regverdig

iets wat van God afkomstig is. Regverdige mense is diegene wat God se gebooie onderhou.

s

saamsweer

om ʼn bose plan teen iemand te beraam

seën

om ʼn persoon iets te gee wat hom of haar van nut sal wees. Om die nagmaal te seën is om God te vra om die water en brood te aanvaar as simbole van Jesus Christus.

sendeling

ʼn persoon wat die evangelie van Jesus Christus aan ander verkondig

sinagoge

ʼn tipe gebou waar mense bymekaarkom om God te aanbid.

skalpeer

om iemand se kopvel af te sny

skild

ʼn deel van die wapenrusting wat ʼn soldaat se bo-lyf teen swaarde en ander wapens beskerm

slawe

mense wat gedwing word om vir ander mense te werk

slawerny

om nie vry te wees nie, om heeldag te werk vir iemand anders se wins

slingervel

ʼn wapen wat gebruik word om klippe te gooi

Beeld
slingervel

slingervel

soldaat

ʼn persoon wat in ʼn leër veg

sonde

om ʼn gebod te verbreek

spies

ʼn skerp, gepunte stok wat gebruik word om te steek

Beeld
spies

spies

steel

om iets te neem wat aan iemand anders behoort

stenig

om iemand met klippe te bestook totdat hy of sy dood is

straf

om te veroorsaak of om toe te laat dat slegte dinge met mense gebeur. Mense word dikwels gestraf wanneer hulle God nie gehoorsaam nie.

swaard

ʼn lang, metaal lem wat gebruik word om te sny en te steek

Beeld
swaard

swaard

t

tempel

God se huis

Beeld
tempel

tempel

toring

ʼn hoë gebou of platform waarop mense kan staan

Beeld
toring

toring

u

Urim en Tummim

spesiale instrumente wat God aan profete gee om hulle te help om te vertaal en openbaring te ontvang

v

vaandel van vryheid

ʼn boodskap wat Kaptein Moroni geskryf het om sy volk aan te moedig om hul vryheid te beskerm

Beeld
vaandel van vryheid

vaandel van vryheid

vas

om sonder kos of water te gaan terwyl geestelike hulp gesoek word

verbond

ʼn belofte tussen God en ʼn persoon

vergifnis, vergewe

om te vergeet van die slegte dinge wat ʼn persoon gedoen het en die persoon lief te hê

vernietig

om iets heeltemal te beeïndig of te verwoes, soos byvoorbeeld ʼn stad of ʼn lewe

verstaan

om ʼn idee te verstaan of om insig te hê

vertaal

om woorde van een taal na ʼn ander taal te verander.

vervolg

om valse dinge van iemand te sê om te probeer om hulle seer te maak

visioen

ʼn vorm van openbaring

vrede

ʼn kalm gevoel of ʼn tyd sonder oorlog

vryheid

die vermoë om keuses te maak

w

waar

iets wat regtig gebeur het, of wat goed is of reg is

wapen

iets wat gebruik word om ander mense mee te beseer of dood te maak, soos ʼn swaard of ʼn spies

wapenrusting

ʼn bedekking wat soldate dra tydens gevegte om hulself te beskerm

Beeld
wapenrusting

wapenrusting

wildernis

ʼn leë stuk land sonder mense en stede

wonderwerk

ʼn buitengewone gebeurtenis wat God se mag vertoon

y

ysterstaaf

ʼn simbool in Lehi se droom wat God se woord voorstel