Scripture Stories
Hoofstuk 10: Jakob en Sjerem


Hoofstuk 10

Jakob en Sjerem

Beeld
Nefi gee die plate vir Jakob

Voor Nefi se dood het hy die plate waarop hy geskryf het vir sy jonger broer Jakob gegee. Jakob was regverdig.

Beeld
Jakob skryf op die plate

Nefi het vir Jakob gesê om die dinge neer te skryf wat die mense sou help om in Jesus Christus te glo.

Beeld
Nefi seën Jakob

Nefi het Jakob die mag gegee om ʼn priester in die Kerk te wees en om die Nefiete die woord van God te leer.

Beeld
Jakob leer die mense

Na Nefi se dood het baie van die Nefiete goddeloos geword. Jakob het die volk geleer en vir hulle gesê om te bekeer van die slegte dinge wat hulle gedoen het.

Beeld
Sjerem besig om te onderrig

ʼn Goddelose man genaamd Sjerem het onder Nefiete rondgegaan en hulle geleer om nie in Jesus Christus te glo nie.

Beeld
Sjerem

Sjerem het die volk vertel dat daar geen Christus sou wees nie. Baie mense het Sjerem geglo.

Beeld
Sjerem stry met Jakob

Jakob het die volk geleer om in Jesus te glo. Sjerem wou met Jakob stry en hom oortuig dat daar geen Christus sou wees nie.

Beeld
Jakob en Sjerem

Jakob se geloof in Jesus Christus kon nie geskud word nie. Hy het engele gesien en die Here se stem gehoor. Hy het geweet dat Jesus sou kom.

Beeld
Jakob getuig aan Sjerem

Die Heilige Gees was met Jakob toe hy sy getuienis van Jesus Christus aan Sjerem gelewer het.

Beeld
Sjerem vra om ʼn teken

Sjerem het gevra om ʼn teken te sien. Hy wou gehad het dat Jakob moes bewys dat daar ʼn God is. Hy wou ʼn wonderwerk sien.

Beeld
Jakob

Jakob wou God nie vir ʼn teken vra nie. Jakob het gesê dat Sjerem alreeds geweet het dat wat Jakob geleer het waar was.

Beeld
Jakob en Sjerem

Jakob het gesê dat as God Sjerem sou tref, dit ʼn teken sou wees van God se mag.

Beeld
Sjerem val neer

Sjerem het dadelik neergeval. Hy kon vir baie dae nie opstaan nie.

Beeld
Sjerem

Sjerem was swak en het geweet dat hy sou sterf. Hy het die volk byeen geroep.

Beeld
Sjerem spreek die volk toe

Hy het hulle vertel dat hy gejok het. Hy het gesê dat hulle in Jesus Christus moes glo.

Beeld
Sjerem

Nadat Sjerem klaar met die volk gepraat het, het hy gesterf. Die volk het God se mag gevoel, en hulle het op die grond neergeval.

Beeld
Jakob met ander mense

Die volk het begin om te bekeer en het die skrifture gelees. Hulle het in vrede en liefde gewoon. Jakob was bly en het geweet dat God sy gebede beantwoord het.