Scripture Stories
Hoofstuk 29: Alma Onderrig oor Geloof en die Woord van God


Hoofstuk 29

Alma Onderrig oor Geloof en die Woord van God

Beeld
Alma leer Zoramiete

Alma het die Zoramiete van geloof geleer. Hy het gesê dat die mense wat vra om eers ʼn teken te sien voordat hulle sal glo, nie geloof het nie.

Beeld
Alma preek

Alma het gesê dat geloof is om te glo dat iets waar is sonder om werklik daar te wees om dit te sien.

Beeld
hand plant saad

Hy het verduidelik dat geloof groei soos wat ʼn persoon wil glo en luister na die woord van God. Die woord word dan in die persoon se hart geplant, en soos ʼn saad begin dit te groei.

Beeld
paartjie kyk na boom

Soos ʼn persoon meer oor die evangelie leer, ontkiem die saad en hou dit aan om te groei. Die persoon weet dat die saad goed is, en sy of haar geloof word sterker.

Beeld
man en vrou pluk vrugte

Alma het gesê dat net soos goeie saad goeie vrugte lewer, bring die woord van God seëninge aan diegene wat geloof het.