Scripture Stories
Hoofstuk 14: Abinadi en Koning Noag


Hoofstuk 14

Abinadi en Koning Noag

Beeld
Zenif

Zenif was ʼn regverdige koning van ʼn groep Nefiete. Toe hy oud geword het, het sy seun Noag koning geword.

Beeld
Noag

Noag was nie ʼn goeie koning soos sy vader nie. Hy was goddeloos en wou nie God se gebooie gehoorsaam nie.

Beeld
mense gee hulle besittings vir Koning Noag

Hy het sy volk gedwing om aan hom ʼn deel van hulle graan, diere, goud en silwer te gee.

Beeld
Noag sit aan die etenstafel

Koning Noag het dit gedoen omdat hy lui was. Hy het die Nefiete gedwing om hom alles te gee wat hy nodig gehad het om te lewe.

Beeld
goeie en goddelose priesters

Hy het die goeie priesters wat sy vader geroep het met goddelose priesters vervang. Daardie goddelose priesters het die mense geleer om te sondig.

Beeld
paleistroon en wagte

Koning Noag het baie mooi geboue laat bou, insluitend ʼn groot paleis met ʼn troon. Die geboue is met goud, silwer en duur hout versier.

Beeld
Noag

Koning Noag het van die rykdomme gehou wat hy van sy volk geneem het. Hy en sy priesters het hulle tyd deurgebring deur wyn te drink en goddelose dinge te doen.

Beeld
Abinadi preek bekering

God het ʼn profeet genaamd Abinadi na Noag se volk gestuur. Abinadi het hulle gewaarsku dat as hulle nie bekeer nie, sou hulle die Lamaniete se slawe word.

Beeld
Noag sit by die tafel

Toe Koning Noag hoor wat Abinadi gesê het, was hy kwaad. Hy het manne gestuur om Abinadi na die paleis te bring sodat hy hom kon doodmaak.

Beeld
Abinadi praat met die koning

Abinadi is na die koning geneem. Koning Noag en sy priesters het hom baie vrae gevra. Hulle het probeer om hom uit te vang om iets verkeerd te sê.

Beeld
Abinadi praat met die koning

Abinadi was nie bang om hulle vrae te antwoord nie. Hy het geweet dat God hom sou help. Die priesters was verbaas oor Abinadi se antwoorde.

Beeld
Koning Noag is kwaad

Koning Noag was kwaad en het sy priesters beveel om Abinadi dood te maak. Abinadi het gesê dat as hulle aan hom raak, God hulle sou doodmaak.

Beeld
Die Heilige Gees beskerm Abinadi

Die Heilige Gees het Abinadi beskerm sodat hy kon sê wat die Here wou hê hy moes sê. Abinadi se gesig het gestraal. Die priesters was bang om hom aan te raak.

Beeld
Abinadi praat

Abinadi het met mag van God gepraat, en die volk vertel van hulle booshede. Hy het God se gebooie vir hulle gelees.

Beeld
Maria, Josef en baba Jesus

Hy het vir hulle vertel dat Jesus Christus op die aarde gebore sou word. Jesus sou dit moontlik maak vir mense om te bekeer, uit die dood op te staan, en saam met God te woon.

Beeld
Jesus Christus

Abinadi het vir die mense gesê om te bekeer en in Jesus Christus te glo, anders sou hulle nie gered word nie.

Beeld
Abinadi word gevange geneem

Koning Noag en al sy priesters, behalwe een, het geweier om Abinadi te glo. Noag het vir die priesters gesê om Abinadi dood te maak. Hulle het hom vasgebind en in die gevangenis gegooi.

Beeld
Alma praat met Koning Noag

Die een priester wat Abinadi geglo het, se naam was Alma. Hy het Koning Noag gevra om Abinadi vry te laat.

Beeld
Alma kruip weg

Die koning was kwaad vir Alma en het hom laat uitgooi. Hy het toe sy diensknegte gestuur om hom dood te maak. Alma het gehardloop en weggekruip, en die diensknegte het hom nooit gevind nie.

Beeld
Abinadi voor Noag

Nadat hy drie dae in die gevangenis was, is Abinadi weer voor Koning Noag gebring. Die koning het vir Abinadi gesê om terug te trek wat hy gesê het oor hom en sy volk.

Beeld
Koning Noag is kwaad

Koning Noag het vir Abinadi gesê dat as hy nie alles ontken wat hy gesê het nie, hy doodgemaak sou word.

Beeld
Abinadi praat

Abinadi het geweet dat hy die waarheid gepraat het. Hy was bereid om eerder dood te gaan as om dít terug te trek wat God hom gestuur het om te sê.

Beeld
Abinadi word verbrand

Koning Noag het sy priesters beveel om Abinadi dood te maak. Hulle het hom vasgebind, gegésel en doodgebrand. Voor hy dood is, het Abinadi gesê dat Koning Noag ook deur vuur doodgemaak sou word.

Beeld
Lamaniete veg teen Noag se volk

Sommige Nefiete was gekant teen Koning Noag en het hom probeer doodmaak. Die Lamanitiese leër het ook gekom om teen die koning en sy volgelinge te veg.

Beeld
Koning en volgelinge hardloop weg

Die koning en sy volgelinge het van die Lamaniete weggevlug, maar die Lamaniete het hulle ingehaal en begin doodmaak. Die koning het sy manne aangesê om hulle families agter te laat en aan te hou vlug.

Beeld
Lamaniete neem mense gevange

Baie van die manne wou nie weggaan nie. Hulle is deur die Lamaniete gevange geneem.

Beeld
manne is kwaad vir Noag

Meeste van die manne wat saam met Koning Noag gevlug het was jammer. Hulle wou teruggaan en hulle vroue en kinders en hulle volk help.

Beeld
Noag met ander manne

Koning Noag wou nie hê dat die manne moes terugkeer na hulle families nie. Hy het hulle beveel om by hom te bly.

Beeld
manne verbrand Koning Noag

Die manne was kwaad vir Koning Noag. Hulle het hom verbrand tot die dood, soos Abinadi geprofeteer het. Toe het hulle teruggegaan na hulle families.