Scripture Stories
Hoofstuk 32: Kaptein Moroni en die Vaandel van Vryheid


Hoofstuk 32

Kaptein Moroni en die Vaandel van Vryheid

Beeld
Amalikia praat

ʼn Goddelose man genaamd Amalikia wou die koning oor die Nefiete word. Baie Nefiete het die Kerk verlaat om hom te volg.

Beeld
Amalikia

Indien Amalikia koning word, sou hy probeer om die Kerk van God te vernietig en die mense se vryheid wegneem.

Beeld
Moroni hou Amalikia dop

Toe Kaptein Moroni, die leier van die Nefitiese leërs, van Amalikia se plan om koning te word hoor, het hy kwaad geword.

Beeld
Moroni skryf op vlag

Moroni het sy mantel geskeur om ʼn vlag te maak. Hy het ʼn boodskap daarop geskryf om die mense te herinner om hulle godsdiens, vryheid en vrede te verdedig.

Beeld
Moroni bid

Moroni het die vlag aan ʼn paal vasgemaak en dit die vaandel van vryheid genoem. Hy het toe, geklee in sy wapenrusting, gekniel om te bid.

Beeld
Moroni bid

Hy het God gevra om diegene te beskerm wat in Jesus Christus geglo het en het vir vryheid in die land gebid en dit ʼn land van vryheid genoem.

Beeld
Moroni waai die vlag

Moroni het tussen die mense gegaan. Hy het die vaandel van vryheid gewaai en hulle geroep om te kom om hulle vryheid te help verdedig.

Beeld
mense kom bymekaar om Moroni

Mense het van oor die hele land gekom. Hulle het belowe om God se gebooie te gehoorsaam en om vir vryheid te veg.

Beeld
Amalikia en sy volgelinge hardloop weg

Toe Amalikia sien hoeveel Nefiete by Moroni aangesluit het, was hy bevrees. Hy en sy volgelinge het vertrek om by die Lamaniete te gaan aansluit.

Beeld
Moroni en sy leër

Moroni en sy leër het hulle probeer keer, maar Amalikia en ʼn paar van sy manne het ontsnap.

Beeld
vlag wapper op wagtoring

Moroni het ʼn vaandel van vryheid op elke toring in die land van die Nefiete geplaas. Die Nefiete het hulle vryheid behou en het weer vrede gehad.