Scripture Stories
Hoofstuk 46: Jesus Christus Onderrig en Bid saam met die Nefiete


Hoofstuk 46

Jesus Christus Onderrig en Bid saam met die Nefiete

Beeld
Mense loop in die nag

Die Nefiete wat Jesus Christus gesien het, het hulle vriende vertel dat Hy die volgende dag weer sou terugkom. Baie mense het baie hard gewerk om te kom tot waar Jesus sou wees.

Beeld
mense wat bid

Die volgende oggend het Nefi en die ander dissipels die groep mense geleer wat daar bymekaar gekom het. Die dissipels het toe gebid dat hulle die Heilige Gees sou ontvang.

Beeld
dissipels word gedoop

Nefi het in die water ingegaan en is gedoop. Hy het toe die ander dissipels gedoop.

Beeld
engele daal neer vanuit die hemel

Nadat hulle gedoop is, het die dissipels die Heilige Gees ontvang. Dit was asof hulle deur vuur omring is, en engele het vanuit die hemel neergedaal en hulle gedien.

Beeld
Jesus saam met engele

Terwyl die engele by die dissipels was, het Jesus in hulle midde kom staan.

Beeld
Nefiete wat bid

Christus het vir al die Nefiete gesê om op die grond te kniel. Hy het vir sy dissipels gesê om te bid.

Beeld
Jesus bid

Terwyl hulle besig was om te bid het Jesus ʼn entjie van die mense af weggegaan en neergekniel en tot Hemelse Vader gebid.

Beeld
Jesus bid

Jesus het Hemelse Vader bedank omdat Hy die Heilige Gees aan sy dissipels gegee het. Hy het toe gevra dat die Heilige Gees aan almal gegee sal word wat die dissipels se woorde sal glo.

Beeld
Jesus seën die dissipels

Jesus het sy dissipels geseën terwyl hulle besig was om te bid. Hy het vir hulle geglimlag en hulle het so wit soos sy gesig en klere geword.

Beeld
Jesus bid saam met die dissipels

Jesus het weer vir sy dissipels gebid. Hy het behae geskep in hulle groot geloof.

Beeld
Jesus praat met mense

Christus het vir die mense gesê om op te hou bid, maar om aan te hou om in hulle harte te bid. Hy het hulle toe die nagmaal gegee.

Beeld
Jesus seën die brood

Niemand het brood of wyn gebring nie, maar die Verlosser het dit op ʼn wonderbaarlike manier voorsien.

Beeld
Joseph Smith hou die skrifture vas

Jesus Christus het die Nefiete vertel dat sy evangelie weer na die aarde teruggebring sal word in die laaste dae.

Beeld
Christus praat met Nefi

Hy het vir hulle gesê om die skrifture te bestudeer, en Hy het Nefi gevra om in die rekords die vervulling van die res van Samuel die Lamaniet se profesieë neer te skryf.

Beeld
Jesus onderrig uit die skrifture

Jesus het die mense toe uit die skrifture geleer. Hy het vir hulle gesê om mekaar die dinge te leer wat Hy hulle geleer het.

Beeld
Nefi besig om te doop

Jesus het teruggegaan na die hemel en sy dissipels het die mense geleer. Diegene wat geglo het is gedoop en het die Heilige Gees ontvang.

Beeld
Nefiete dra pampoene

Die Nefiete het begin om al die gebooie te onderhou.