Scripture Stories
Hoofstuk 38: Die Moord van die Hoofregter


Hoofstuk 38

Die Moord van die Hoofregter

Beeld
goddelose Nefiete besig om te praat

Goddelose mans het regters oor die Nefiete geword. Hulle het die regverdige mense gestraf, maar nie die goddelose mense nie.

Beeld
Nefi

Nefi was hartseer om soveel goddeloosheid onder die volk te sien.

Beeld
pad na Zarahemla

Hy was een dag besig om op ʼn toring in sy tuin te bid. Sy tuin was langs die hoofweg wat na ʼn mark in Zarahemla gelei het.

Beeld
Nefi bid

Mense wat op die hoofweg verbygeloop het, het Nefi gehoor bid. ʼn Groot groep het versamel, en gewonder hoekom hy so hartseer was.

Beeld
Nefi praat met mense

Toe Nefi die mense sien, het hy hulle vertel dat hy hartseer was vanweë hulle goddeloosheid. Hy het vir hulle gesê om te bekeer.

Beeld
Nefiete luister na Nefi

Hy het hulle gewaarsku dat indien hulle nie bekeer nie, hulle vyande hulle huise en stede sou wegneem en dat die Here hulle nie sou bystaan om teen hulle vyande te veg nie.

Beeld
Nefi besig om te praat

Nefi het gesê dat die Nefiete meer goddeloos was as die Lamaniete, omdat die Nefiete nie die gebooie wat hulle geleer is, onderhou het nie.

Beeld
Nefi besig om te praat

Hy het gesê dat indien die Nefiete nie bekeer nie, hulle vernietig sou word.

Beeld
mense is kwaad

Sommige van die goddelose regters was daar. Hulle wou gehad het dat die mense Nefi moes straf vir die dinge wat hy teen hulle en hulle wette gespreek het.

Beeld
mans wat stry

Sommige van die mense het met die goddelose regters saamgestem. Ander het Nefi geglo; hulle het geweet dat hy ʼn profeet was en dat hy die waarheid gepraat het.

Beeld
Nefi besig om te praat

Nefi het vir die mense gesê dat hulle teen God gerebelleer het en dat hulle binnekort gestraf sou word indien hulle nie bekeer nie.

Beeld
Nefi dui aan

Nefi het vir die mense gesê om hulle hoofregter te gaan vind. Hy sou in sy eie bloed lê, deur ʼn broer vermoor wat sy posisie wou hê.

Beeld
manne wat hardloop

Vyf mans van die groep het gehardloop om die hoofregter te gaan sien. Hulle het nie geglo dat Nefi ʼn profeet van God was nie.

Beeld
hoofregter is dood

Toe hulle sien dat Seezoram, die hoofregter, in sy eie bloed lê, het hulle op die grond neergeval uit vrees. Nou het hulle geweet dat Nefi ʼn profeet van God was.

Beeld
mans wat uitwys

Seezoram se diensknegte het reeds die hoofregter gevind, en het gehardloop om die mense te gaan vertel. Hulle het teruggekeer en die vyf mans daar gesien lê.

Beeld
mans wat kwaad is

Die mense het gedink dat die vyf mans Seezoram vermoor het.

Beeld
mans wat praat

Hulle het die vyf mans in die gevangenis gegooi, en toe boodskappe deur die hele stad uitgestuur om te sê dat die hoofregter vermoor is en dat die moordenaars in die gevangenis is.

Beeld
mans wat praat

Die volgende dag het die mense na die plek gegaan waar die hoofregter begrawe sou word. Die regters wat by Nefi se tuin was het gevra waar die vyf mans was.

Beeld
regters besig om te praat

Die regters het gevra om die beskuldigde moordenaars te sien.

Beeld
mans voor regters

Die beskuldigde moordenaars was die vyf mans wat vanaf Nefi se tuin na die hoofregter se huis gehardloop het.

Beeld
mans voor hoofregter

Die vyf mans het gesê dat hulle die hoofregter gevind het waar hy in sy eie bloed gelê het, net soos Nefi gesê het. Die regters het toe vir Nefi daarvan beskuldig dat hy iemand gestuur het om Seezoram te vermoor.

Beeld
vyf manne wat vasgebind is

Hulle het geweet dat Nefi ʼn profeet was en die vyf mans het met die regters gestry, maar hulle wou nie luister nie. Hulle het Nefi vasgebind.

Beeld
regter besig om met Nefi te praat

Die regters het Nefi geld en sy lewe aangebied as hy sou sê dat hy saamgesweer het om die hoofregter te laat doodmaak.

Beeld
Nefi vasgebind

Nefi het vir die regters gesê om van hulle goddeloosheid te bekeer. Toe het hy vir hulle gesê om na Seantum, Seezoram se broer, te gaan.

Beeld
regters besig om met Seantum te praat

Nefi het vir hulle gesê om Seantum te vra of hy en Nefi saamgesweer het om Seezoram te vermoor. Nefi het gesê dat Seantum “nee” sou sê.

Beeld
mans gryp Seantum se mantel

Dan moes die regters Seantum vra of hy sy broer vermoor het. Seantum sou weer eens “nee” sê, maar die regters sou bloed op sy mantel vind.

Beeld
Seantum

Nefi het gesê dat Seantum dan sou bewe en bleek sou word en dan uiteindelik erken dat hy sy broer doodgemaak het.

Beeld
Seantum word weggeneem

Die regters het toe na Seantum se huis gegaan, en alles het gebeur net soos Nefi gesê het dit sal. Nefi en die vyf mans is vrygelaat.

Beeld
Nefi

Terwyl die mense van Nefi weggeloop het, het sommige van die mense gesê dat hy ʼn profeet was; ander het gesê dat hy ʼn god was. Nefi het huis toe gegaan, steeds hartseer oor hulle goddeloosheid.