Scripture Stories
Hoofstuk 52: Die Vernietiging van die Jarediete


Hoofstuk 52

Die Vernietiging van die Jerediete

Beeld
Jareditiese koning

Die Jereditiese volk het toegeneem in getalle en ryk geword. Hulle het ʼn koning gekies om hul leier te wees.

Beeld
boosaardige Jarediete

Baie jare het verbygegaan, en die Jerediete het goddeloos geword. Die Here het profete gestuur om hulle te sê om te bekeer anders sou hulle vernietig word.

Beeld
Jarediete hardloop

Die mense het nie na die profete geluister nie. Hulle het probeer om hulle dood te maak.

Beeld
veldslag

Daar was oorloë en hongersnood in die land. Baie Jerediete is dood.

Beeld
Ether preek

Die Here het ʼn ander profeet gestuur, genaamd Ether. Hy het van die oggend tot die aand gepreek en vir die Jerediete vertel om in God te glo en te bekeer.

Beeld
Ether preek vir die mense

Ether het vir die Jerediete gesê dat as hulle in God glo, hulle eendag saam met Hemelse Vader in ʼn beter wêreld sou lewe.

Beeld
Jarediete forseer Ether om weg te gaan

Ether het baie belangrike dinge vir die Jerediete vertel, maar hulle het hom nie geglo nie. Hulle het hom uit die stad gejaag.

Beeld
Ether kruip weg in grot

Ether het gedurende die dag in ʼn grot weggekruip sodat hy nie doodgemaak kon word nie. Gedurende die nag het hy uitgegaan en gesien wat met die Jerediete gebeur het.

Beeld
Ether skryf op plate

Terwyl hy weggekruip het, het hy die geskiedenis van die Jerediete voltooi.

Beeld
Ether praat met Coriantumr

Die Here het Ether na Coriantumr, ʼn goddelose Jereditiese koning, gestuur. Ether het vir hom gesê hy moet bekeer of hy sal lewe om te sien dat al sy mense doodgemaak word.

Beeld
wagte jaag Ether

Coriantumr en sy volk het nie bekeer nie. Hy het probeer om Ether te laat doodmaak, maar Ether het weggehardloop en in ʼn grot weggekruip.

Beeld
man slaap met sy swaard

Die mense was só goddeloos dat die Here die land vervloek het. Hulle kon nie hul swaarde of gereedskap neersit nie, want teen die volgende dag was dié voorwerpe weg.

Beeld
veldslag

Al die Jerediete het in die oorloë geveg, insluitende die vroue en kinders. Coriantumr het een leër gelei, en ʼn man genaamd Siz, het die ander gelei.

Beeld
Coriantumr en Siz veg

Coriantumr en Siz was albei goddelose mans. Die Heilige Gees het die Jerediete verlaat as gevolg van hul goddeloosheid. Satan het volle mag oor hulle gehad.

Beeld
Coriantumr

Die Jerediete het geveg totdat Corriantmr en Siz die enigste twee was wat oorgebly het. Toe Siz flou geval het van soveel bloedverlies, het Coriantumr sy kop afgesny.

Beeld
Coriantumr en die mense van Zarahemla

Ether se profesie het waar geword: Coriantumr was die laaste lewende Jaradiet. Hy is ontdek deur die volk van Zarahemla.

Beeld
Ether skryf op plate

Ether het die geskiedenis van die Jerediete voltooi. Hulle is vernietig vanweë hulle goddeloosheid. Die Jereditiese rekord is later deur die Nefiete gevind.