Scripture Stories
Hoofstuk 19: Die Seuns van Mosia Word Sendelinge


Hoofstuk 19

Die Seuns van Mosia Word Sendelinge

Beeld
vier seuns van Mosia

Mosia het vier seuns gehad: Ammon, Aäron, Omner, en Himni. Hulle was saam met Alma die Jongere toe ʼn engel aan hom verskyn het.

Beeld
seuns van Mosia

Die seuns van Mosia het bekeer van hul sondes en was jammer oor die probleme wat hulle veroorsaak het. Hulle het geweet dat die evangelie waar is en wou dit aan ander leer.

Beeld
seuns van Mosia gesels

Mosia se seuns het elkeen geweier om koning te wees. Hulle wou eerder sendelinge aan die Lamaniete wees en die seëninge van die evangelie met hulle deel.

Beeld
Koning Mosia bid

Koning Mosia het gebid om te weet of hy sy seuns moet laat gaan. God het vir hom gesê hy moet hulle laat gaan, en hulle sou beskerm word. Baie van die Lamaniete sou hulle boodskap glo.

Beeld
vier seuns bid

Mosia se seuns het gegaan om die Lamaniete te leer. Hulle het gevas en gebid sodat hulle goeie sendelinge kon wees.