Scripture Stories
Hoofstuk 49: Mormon en Sy Leringe


Hoofstuk 49

Mormon en Sy Leerstellings

Beeld
twee groepe mans

Baie jare nadat Jesus Christus die Nefiete besoek het, het ʼn klein groepie mense die Kerk verlaat en hulself Lamaniete genoem.

Beeld
groep praat

Uiteindelik het amper al die mense, beide Nefiete en Lamaniete, goddeloos geword.

Beeld
Ammaron versteek die rekords

ʼn Regverdige man, Ammaron, het die heilige rekords gehad. Die Heilige Gees het vir hom gesê om hulle te versteek sodat hulle veilig kon wees.

Beeld
Ammaron praat met jong Mormon

Ammaron het Mormon, ʼn 10-jarige seun, vertel waar die rekords versteek was. Ammaron het geweet hy kon Mormon vertrou.

Beeld
Ammaron en Mormon

Mormon moes die plate van Nefi gaan haal toe hy 24 jaar oud was en oor sy mense daarop skryf.

Beeld
Nefiete en Lamaniete maak oorlog

Toe Mormon 11 jaar oud was, het ʼn oorlog tussen die Nefiete en die Lamaniete uitgebreek. Die Nefiete het gewen, en daar was weer vrede gewees.

Beeld
mense drink

Maar die Nefiete was só goddeloos dat die Here die drie dissipels weggeneem het, wat ʼn einde gebring het aan die wonderwerke en die genesings. Die Heilige Gees het nie meer die mense gelei nie.

Beeld
Mormon

Toe Mormon 15 was, het Jesus Christus hom besoek. Mormon het meer geleer aangaande die Verlosser en sy goedheid.

Beeld
Mormon hou twee mans dop

Mormon wou vir die mense preek, maar Jesus het gesê hy moet nie want die mense was te goddeloos. Hulle harte was verhard teen God.

Beeld
Mormon as millitêre leier

Daar het gou weer ʼn oorlog uitgebreek. Mormon was groot en sterk, en die Nefiete het hom gekies om hulle leër te lei.

Beeld
Mormon praat met leër

Die Nefiete het vir baie jare teen die Lamaniete geveg. Mormon het probeer om die mense aan te spoor om vir hul families en huise te veg.

Beeld
veldslag

Die Nefiete het egter so goddeloos geword dat die Here hulle nie wou help nie.

Beeld
Mormon praat met mans

Mormon het vir die Nefiete gesê dat hulle gespaar sou word alleenlik as hulle bekeer het en gedoop is. Maar die mense het geweier.

Beeld
Mormon hou leër dop

Hulle het gespog oor hulle krag, en gesê hulle sal al die Lamaniete doodmaak. As gevolg van die Nefiete se goddeloosheid het Mormon geweier om hulle verder te lei.

Beeld
Mormon staan by leër

Die Lamaniete het begin om die Nefiete in elke veldslag te oorwin. Mormon het besluit om weer die Nefitiese leërs te lei.

Beeld
Mormon sit

Hy het geweet dat die goddelose Nefiete nie die oorlog sou wen nie. Hulle het nie bekeer of gebid om die hulp wat hulle nodig gehad het nie.

Beeld
Mormon grawe die rekords op

Mormon het al die rekords vanuit die heuwel geneem waar Ammaron hulle versteek het, en aan die mense geskryf wat eendag die rekord sou lees.

Beeld
Mormon met die heilige rekords

Hy wou hê dat elkeen, insluitend die Jode, weet van Jesus Christus, om te bekeer en gedoop te word, en om die evangelie te lewe en om geseën te word.

Beeld
Mormon skryf op heilige plate

Die Gees het Mormon geïnspireer om die klein plate van Nefi, wat die profesieë van Christus se koms bevat het, by die plate van Mormon te voeg.

Beeld
Mormon se leër

Mormon het die Nefiete na die land van Cumora gelei waar hulle gereed gemaak het om weer teen die Lamaniete te veg.

Beeld
Mormon hou die plate vas

Mormon het begin oud word. Hy het geweet dat hierdie die laaste oorlog sou wees. Hy wou nie hê dat die Lamaniete die heilige rekords vind en hulle vernietig nie.

Beeld
Mormon gee die plate vir Moroni

Hy het toe die plate van Mormon aan sy seun Moroni gegee, en die res van die plate in die Heuwel Cumora versteek.

Beeld
Nefiete sterf

Die Lamaniete het aangeval en almal behalwe 24 Nefiete doodgemaak. Mormon is gewond.

Beeld
gewonde Mormon

Mormon was bedroef dat so baie Nefiete gesterf het, maar hy het geweet dat hulle gesterf het omdat hulle Jesus verwerp het.

Beeld
Jesus Christus

Mormon het probeer om die Nefiete die waarheid te leer. Hy het hulle vertel hoe belangrik dit is om geloof in Jesus Christus te hê.

Beeld
Mormon onderrig

Hy het probeer om hulle te leer om hoop deur Jesus Christus se Versoening te hê, en om naasteliefde, die ware liefde van Christus, te hê.

Beeld
Mormon skryf briewe

En Mormon het briewe aan sy seun, Moroni, gestuur, wat ook die evangelie aan die Nefiete geleer het.

Beeld
Moroni lees brief

Mormon het oor die verskriklike goddeloosheid van die Nefiete geskryf. Hy het vir Moroni gesê om getrou te bly aan Jesus Christus.

Beeld
Mormon doodgemaak

Die Lamaniete het Mormon en al die Nefiete behalwe Moroni, wat die rekord klaar geskryf het, doodgemaak.