Scripture Stories
Hoofstuk 18: Bekering van Alma die Jongere


Hoofstuk 18

Bekering van Alma die Jongere

Beeld
Alma ordineer andere

Koning Mosia het Alma die leier van die Kerk in Zarahemla gemaak. Alma het ander mans gekies om hom te help om die Nefiete te leer.

Beeld
gelowiges word vervolg

Alma en Koning Mosia was bekommerd omdat ongelowiges, lede van die Kerk laat ly het as gevolg van hulle geloof.

Beeld
Alma die Jongere

Alma het ʼn seun gehad genaamd Alma. Alma die Jongere het nie sy vader se leringe geglo nie en het ʼn bose man geword.

Beeld
Alma die Jongere en die seuns van Koning Mosia

Alma die Jongere en die vier seuns van Koning Mosia het teen die Kerk geveg. Hulle het baie mense oorreed om die Kerk te verlaat en goddeloos te word.

Beeld
Alma bid

Alma het gebid dat sy seun die waarheid sou leer en bekeer.

Beeld
Alma die Jongere en die seuns van Koning Mosia

Alma die Jongere en die seuns van Koning Mosia het aangehou om te probeer om die Kerk te vernietig.

Beeld
engel verskyn aan mans

Een dag het ʼn engel aan hulle verskyn. Die engel het met ʼn harde stem gepraat wat die aarde geskud het.

Beeld
jong mans wat deur ʼn engel skrikgemaak word

Die vyf jong mans was só bang dat hulle op die grond neergeval het. Hulle kon eers nie verstaan wat die engel gesê het nie.

Beeld
engel praat met Alma die Jongere

Die engel het gekom in antwoord op die gebede van Kerklede. Die engel het Alma die Jongere gevra hoekom hy teen die Kerk veg.

Beeld
Alma die Jongere

Die grond het geskud terwyl die engel vir Alma die Jongere gesê het om op te hou om te probeer om die Kerk te vernietig.

Beeld
seuns val neer

Alma die Jongere en die seuns van Koning Mosia het weer neergeval. Hulle het ʼn engel gesien, en hulle het geweet dat die krag van God die aarde geskud het.

Beeld
Alma die Jongere op die grond

Alma die Jongere was so verbaas dat hy nie kon praat nie. Hy het só swak geword dat hy nie eens sy hande kon beweeg nie.

Beeld
Alma die Jongere word gedra

Die seuns van Mosia het Alma die Jongere na sy vader gedra en aan hom alles vertel wat met hulle gebeur het.

Beeld
Alma bid

Alma was bly. Hy het geweet dat God sy gebede beantwoord het.

Beeld
Alma die Jongere op ʼn bed

Alma het baie mense bymekaar geroep om aan hulle te wys wat God vir sy seun en die seuns van Mosia gedoen het.

Beeld
Alma seën sy seun

Alma, tesame met ander Kerkleiers, het gevas en gebid en het God gevra om Alma die Jongere te help om weer sterk te word.

Beeld
Alma die Jongere in gesprek met sy pa

Na twee dae en nagte, was Alma die Jongere in staat om te praat en te beweeg.

Beeld
Alma die Jongere in gesprek met andere

Hy het die mense vertel dat hy van sy sondes bekeer het en dat God hom vergewe het.

Beeld
Alma die Jongere onderrig

Hy het geleer dat almal regverdig moes word om God se koninkryk te mag ingaan. Hy het ook vertel van die groot pyn wat hy verduur het as gevolg van sy sondes.

Beeld
Alma die Jongere

Alma die Jongere was bly omdat hy bekeer het en God hom vergewe het. Hy het geweet dat God hom liefhet.

Beeld
mans onderrig

Alma die Jongere en die seuns van Mosia het begin om die waarheid dwarsdeur die land te verkondig, en het almal vertel wat hulle gesien en gehoor het.

Beeld
Alma die Jongere onderrig mense

Hulle het probeer om die skade wat hulle aangerig het, reg te maak. Hulle het die skrifture aan die mense verduidelik en hulle van Christus geleer.

Beeld
Alma die Jongere doop andere

God het Alma die Jongere en die seuns van Koning Mosia geseën terwyl hulle die evangelie verkondig het. Baie mense het na hulle geluister en geglo.