Hoofstuk 42
Die Tekens van Christus se Kruisiging
Drie-en-dertig jaar het verby gegaan sedert die mense die tekens van Jesus Christus se geboorte gesien het.
Hulle het nou uitgekyk vir die tekens van sy dood: drie dae van duisternis.
Sommige het nie geglo dat die tekens sou kom nie. Hulle het met diegene gestry wat geglo het.
Een dag was daar ʼn vreeslike storm. Daar was ʼn verskriklike wind.
Weerligstrale het geblits, en donderweer het die hele aarde geskud.
Die stad van Zarahemla het aan die brand geslaan. Die stad van Moroni het in die see gesink. Die stad van Moroniha is begrawe.
ʼn Aardbewing het die hele aarde geskud. Hoofweë is opgebreek en geboue het inmekaar gestort. Baie stede is vernietig en baie mense is gedood.
Die storm en aardbewing het omtrent drie ure lank aangehou.
Na die storm en die aardbewing opgehou het, het ʼn digte duisternis die land bedek. Daar was nêrens enige lig nie. Die mense kon selfs die duisternis voel.
Die duisternis het vir drie dae lank aangehou. Kerse wou nie brand nie en die mense kon nie die son, maan of sterre sien nie.
Die mense het gehuil as gevolg van die duisternis, die verwoesting en die dood. Hulle was jammer dat hulle nie van hulle sondes bekeer het nie.
Toe het die mense die stem van Jesus Christus gehoor.
Jesus het hulle van die verskriklike vernietiging in die land vertel. Hy het gesê dat die mees goddelose mense gesterf het.
Hy het gesê dat diegene wat nie gesterf het nie, nodig gehad het om te bekeer. Indien hulle dit sou doen, en na hom kom, sou hy hulle seën.
Die mense was so verbaas nadat hulle die stem gehoor het dat hulle opgehou huil het. Alles was doodstil vir baie ure.
Toe het Jesus weer gepraat, en gesê dat hy dikwels die mense probeer help het. Indien hulle nou sou bekeer, kon hulle steeds na Hom terugkeer.
Na drie dae het die duisternis weggegaan. Die mense was bly en het die Here met vreugde bedank.