Scripture Stories
Hoofstuk 17: Alma en Sy Volk Ontsnap


Hoofstuk 17

Alma en Sy Volk Ontsnap

Beeld
mense werk in veld

Eendag terwyl Alma se volk in hul lande gewerk het, het ʼn Lamanitiese leër die grens oorgesteek in hulle land in.

Beeld
Alma praat met mense

Die Nefiete was bang en het na die stad gevlug vir veiligheid. Alma het hulle aangemoedig om God te onthou en dat Hy hulle sou help. Die Nefiete het begin bid.

Beeld
Alma praat met Lamaniete

Die Here het die harte van die Lamaniete versag, en hulle het nie die Nefiete seergemaak nie. Die Lamaniete het verdwaal terwyl hulle probeer het om Koning Limhi se volk te vind.

Beeld
Alma wys Lamaniete die pad terug huis toe

Die Lamaniete het Alma belowe dat hulle nie sy volk sou pla as hy hulle sou vertel hoe om terug te keer na hulle land nie. Alma het hulle die pad gewys.

Beeld
Lamaniete bewaak Alma se volk

Maar die Lamaniete het nie hul belofte nagekom nie. Hulle het wagte reg rondom die land geplaas, en Alma en sy volk was nie meer vry nie.

Beeld
Amulon praat met ʼn Lamanitiese wag

Die Lamanitiese koning het Amulon die heerser oor Alma se volk gemaak. Amulon was ʼn Nefiet en een van Koning Noag se bose priesters.

Beeld
Amulon hou mense wat werk dop

Amulon het Alma se volk hard laat werk. Hulle het om hulp gebid, maar Amulon het gesê dat enigeen wat gevang word wat bid, doodgemaak sou word. Die mense het in hulle harte aangehou bid.

Beeld
seun dra ʼn mandjie

God het hulle gebede verhoor en het die mense versterk sodat hulle werk makliker gevoel het. Die mense was blymoedig en geduldig.

Beeld
God praat met Alma

God was bly dat die mense getrou gebly het. Hy het vir Alma vertel dat Hy hulle sou help om van die Lamaniete te ontsnap.

Beeld
Alma se mense ontsnap

Die mense het hulle kos en diere gedurende die nag bymekaar gemaak. Die volgende oggend het God die Lamaniete aan die slaap gehou terwyl Alma en sy volk die stad verlaat het.

Beeld
Koning Mosia verwelkom Alma

Na 12 dae se reis het die mense in Zarahemla aangekom waar Koning Mosia en sy volk hulle verwelkom het.